’N BOODSKAP AAN ALLE OUD-GANSIES!

’N BOODSKAP AAN ALLE OUD-GANSIES!

Laerskool Gansbaai

’N BOODSKAP AAN ALLE OUD-GANSIES! 

LAERSKOOL GANSBAAI VIER 120 JAAR!

Help ons om ’n stukkie geskiedenis vir die toekoms te bewaar!

As deel van ons skool se 120ste bestaansjaarvieringe hou ons op 31 Oktober 2026 ’n spesiale tydkapsule-seremonie. Ons gaan hedendaagse items en kosbare herinneringe in ’n kapsule plaas, dit begrawe en dit vir toekomstige geslagte bewaar om op ’n vasgestelde datum weer oopgemaak te word.

Ons nooi elke oud-Gansie hartlik uit om deel van hierdie besondere geskiedkundige oomblik te wees deur ’n briefie te skryf wat in die tydkapsule geplaas kan word.

Wat kan jy skryf?

• ’n Kosbare herinnering aan jou skooldae.
• ’n Boodskap aan toekomstige Gansies.
• Wat Laerskool Gansbaai vir jou beteken het.
• Hoe die skool en die wêreld vandag daar uitsien.
• Jou wense en drome vir die skool se toekoms.

BELANGRIKE DATUM: 23 OKTOBER 2026

Alle briefies moet op of vóór 23 Oktober 2026 by Laerskool Gansbaai ingehandig word, sodat dit spesiaal behandel en tydbestand gemaak kan word voordat dit in die kapsule geplaas word.

Kom ons laat elke oud-Gansie se stem deel word van ons skool se geskiedenis!

120 jaar se herinneringe. ’n Erfenis vir die toekoms. Een groot Gansie-familie!

’N BOODSKAP AAN ALLE OUD-GANSIES!

Laerskool Gansbaai

Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

GRAAD 2 | ONS PRAGTIGE LAND

GRAAD 2 | ONS PRAGTIGE LAND

Die afgelope twee weke het ons Graad 2-Gansies meer geleer oor ons pragtige land, Suid-Afrika! 

Laerskool Gansbaai
Baie geluk, Daniël!

Baie geluk, Daniël!

Daniël de Villiers het van Vrydag tot Sondag aan die TSA Winelands Lentetoernooi in Somerset-Wes en Stellenbosch deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
Ondersteun die Overberg Toy Run!

Ondersteun die Overberg Toy Run!

Laerskool Gansbaai en Harbour on Deck slaan hande saam vir die Overberg Toy Run! 

Laerskool Gansbaai
Lia en die Diamond Dancers skitter!

Lia en die Diamond Dancers skitter!

Baie geluk aan die hele Diamond Dancers-span!

Laerskool Gansbaai
120 JAAR VAN GLORIE - KONSERT 2026

120 JAAR VAN GLORIE - KONSERT 2026

Kom vier saam met LAERSKOOL GANSBAAI ons ongelooflike 120 jaar van geskiedenis, tradisie en egte Gansie-trots!

Laerskool Gansbaai
TROTS OP ONS GANSIES!

TROTS OP ONS GANSIES!

Ses van ons Gansies het die naweek die Overberg met trots by die Platteland Tennistoernooi verteenwoordig!

Laerskool Gansbaai