Blog

Pretstap-2024: Geesvolle Avontuur

Pretstap-2024: Geesvolle Avontuur

Laerskool Gansbaai

Pretstap-2024: Geesvolle Avontuur

Op Vrydag, 26 April 2024, het die dapper Gansies reën, koue en wind getrotseer en die staptog aangepak vanaf die skool na Stanfordsbaai en terug. Ten spyte van modder op die pad, het almal dit baie geniet en selfs die onderwysers het 'n bietjie pret gehad. Die skoolhoof, mnr. Devin Sauls, was selfs moedig genoeg om by Stanfordsbaai die koue see in te duik as bewys dat hy nie vir enige Gansie-uitdaging skrik nie!

Terug by die skool kon onderwysers van die klas wat die meeste geld ingesamel het, hul graadkollega sopnat gooi, tot groot plesier van al die leerders wat uitgesien het om te hoor wie die wenklas in elke graad was.

Laerskool Gansbaai is ongelooflik trots op elke Gansieleerder en -onderwyser wat hierdie dag met gees en deursettingsvermoë aangepak en voltooi het. Julle laat ons harte warm klop met jul Gansie-gees!

Dankie ook aan ouers, grootouers, familie en vriende wat gehelp het om die Pretstapfondsinsameling so 'n groot sukses te maak - dankie dat jul ons Gansies so mooi ondersteun.

Pretstap-2024: Geesvolle Avontuur

Laerskool Gansbaai

Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Wintersportdag - 18 April 2026 by Rûens Kollege

Wintersportdag - 18 April 2026 by Rûens Koll...

Opgewonde gesiggies, dapper pogings en groot gees het die dag regtig spesiaal gemaak. 

Laerskool Gansbaai
SKAAKNUUS

SKAAKNUUS

Hanro Coetzer het die afgelope naweek aan die Hermanus Rapid-skaaktoernooi deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
LANDLOOP LIGA 1

LANDLOOP LIGA 1

Baie geluk aan die volgende atlete wat onder die top 6-plekke geëindig het by die byeenkoms te Caledon.

Laerskool Gansbaai
Rugbytrots!

Rugbytrots!

Baie geluk aan Jordan, Maks, Shaugin en Myburgh!

Laerskool Gansbaai
MERIETE SERTIFIKATE VIR KWARTAAL 1 VAN 2026

MERIETE SERTIFIKATE VIR KWARTAAL 1 VAN 2026

Ons is baie trots op jul harde en toegewyde akademiese insette. Doen so voort Gansies!

Laerskool Gansbaai