Blog

Pretstap-2024: Geesvolle Avontuur

Pretstap-2024: Geesvolle Avontuur

Laerskool Gansbaai

Pretstap-2024: Geesvolle Avontuur

Op Vrydag, 26 April 2024, het die dapper Gansies reën, koue en wind getrotseer en die staptog aangepak vanaf die skool na Stanfordsbaai en terug. Ten spyte van modder op die pad, het almal dit baie geniet en selfs die onderwysers het 'n bietjie pret gehad. Die skoolhoof, mnr. Devin Sauls, was selfs moedig genoeg om by Stanfordsbaai die koue see in te duik as bewys dat hy nie vir enige Gansie-uitdaging skrik nie!

Terug by die skool kon onderwysers van die klas wat die meeste geld ingesamel het, hul graadkollega sopnat gooi, tot groot plesier van al die leerders wat uitgesien het om te hoor wie die wenklas in elke graad was.

Laerskool Gansbaai is ongelooflik trots op elke Gansieleerder en -onderwyser wat hierdie dag met gees en deursettingsvermoë aangepak en voltooi het. Julle laat ons harte warm klop met jul Gansie-gees!

Dankie ook aan ouers, grootouers, familie en vriende wat gehelp het om die Pretstapfondsinsameling so 'n groot sukses te maak - dankie dat jul ons Gansies so mooi ondersteun.

Pretstap-2024: Geesvolle Avontuur

Laerskool Gansbaai

Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

’n Eerste op ons nuwe krieketblad!

’n Eerste op ons nuwe krieketblad!

Laerskool Gansbaai se o.11-krieketspan het op Maandag, 19 Oktober 2026, teen Gansbaai Primêr kragte gemeet. 

Laerskool Gansbaai
GRAAD 2 | ONS PRAGTIGE LAND

GRAAD 2 | ONS PRAGTIGE LAND

Die afgelope twee weke het ons Graad 2-Gansies meer geleer oor ons pragtige land, Suid-Afrika! 

Laerskool Gansbaai
Baie geluk, Daniël!

Baie geluk, Daniël!

Daniël de Villiers het van Vrydag tot Sondag aan die TSA Winelands Lentetoernooi in Somerset-Wes en Stellenbosch deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
Ondersteun die Overberg Toy Run!

Ondersteun die Overberg Toy Run!

Laerskool Gansbaai en Harbour on Deck slaan hande saam vir die Overberg Toy Run! 

Laerskool Gansbaai
Lia en die Diamond Dancers skitter!

Lia en die Diamond Dancers skitter!

Baie geluk aan die hele Diamond Dancers-span!

Laerskool Gansbaai
’N BOODSKAP AAN ALLE OUD-GANSIES!

’N BOODSKAP AAN ALLE OUD-GANSIES!

Help ons om ’n stukkie geskiedenis vir die toekoms te bewaar!

Laerskool Gansbaai