Ontvangsklerk Gesoek by Laerskool Gansbaai

Ontvangsklerk Gesoek by Laerskool Gansbaai

Laerskool Gansbaai

Image

Ontvangsklerk Gesoek by Laerskool Gansbaai

Laerskool Gansbaai bied 'n opwindende geleentheid vir 'n dinamiese, energieke persoon om aansoek te doen vir die vakante pos van Ontvangsklerk vir ons beheerliggaam. Hier is die vereistes vir die pos:

• Graad 12/matriek is 'n vereiste
• Uitstekende rekenaarvaardighede
• Ervaring as admin of ontvangsklerk sal tot u voordeel strek
• Goeie kommunikasievaardighede in Engels en Afrikaans
• Geldige SAP-klaring
• Kennis van basiese noodhulp

Die sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag, 21 Junie 2024, 12:00. Die vakante pos is beskikbaar vanaf 15 Julie 2024.

Die pligte van die ontvangsklerk sal insluit:

• Ontvangs van besoekers/ouers
• Goeie telefoonetiket
• Kantooradministrasie
• Leerderafwesighede en vervoer
• Boekstoor en handboekbestellings
• Voorraadopnames
• Fotostaatmasjienadministrasie
• Datavaslegging op verskeie toepassings
• Gebruik van debiet- en kredietkaartmasjiene

Stuur asseblief u volledige CV en dekbrief met bewyse van u kwalifikasie(s) na die volgende e-posadres met die verwysing POSNO.08/2024: admin@gansies.co.za

Neem asseblief kennis dat slegs suksesvolle kandidate vir 'n onderhoud genooi sal word.

Kom maak deel uit van ons span by Laerskool Gansbaai! 

Ontvangsklerk Gesoek by Laerskool Gansbaai

Laerskool Gansbaai

Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

’n Eerste op ons nuwe krieketblad!

’n Eerste op ons nuwe krieketblad!

Laerskool Gansbaai se o.11-krieketspan het op Maandag, 19 Oktober 2026, teen Gansbaai Primêr kragte gemeet. 

Laerskool Gansbaai
GRAAD 2 | ONS PRAGTIGE LAND

GRAAD 2 | ONS PRAGTIGE LAND

Die afgelope twee weke het ons Graad 2-Gansies meer geleer oor ons pragtige land, Suid-Afrika! 

Laerskool Gansbaai
Baie geluk, Daniël!

Baie geluk, Daniël!

Daniël de Villiers het van Vrydag tot Sondag aan die TSA Winelands Lentetoernooi in Somerset-Wes en Stellenbosch deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
Ondersteun die Overberg Toy Run!

Ondersteun die Overberg Toy Run!

Laerskool Gansbaai en Harbour on Deck slaan hande saam vir die Overberg Toy Run! 

Laerskool Gansbaai
Lia en die Diamond Dancers skitter!

Lia en die Diamond Dancers skitter!

Baie geluk aan die hele Diamond Dancers-span!

Laerskool Gansbaai
’N BOODSKAP AAN ALLE OUD-GANSIES!

’N BOODSKAP AAN ALLE OUD-GANSIES!

Help ons om ’n stukkie geskiedenis vir die toekoms te bewaar!

Laerskool Gansbaai