’n Eerste op ons nuwe krieketblad!
Laerskool Gansbaai se o.11-krieketspan het op Maandag, 19 Oktober 2026, teen Gansbaai Primêr kragte gemeet.
Die Junior en Senior Koor het die afgelope wintervakansie vir die derde agtereenvolgende jaar 'n omvangryke koorwerkswinkel gehad.
Koorleier, Asanti Smit het, onder andere, die kore se stemkwaliteit, gehoor en konsentrasie op kreatiewe maniere help uitbrei.
Die leerders het ook baie hard gewerk aan die afronding van hul liedjies vir die Helderberg Eisteddfod wat in Julie plaasvind, sowel as liedjies van Anton Goosen, wat hulle tydens optredes op 1 en 2 Augustus saam met ons eie liedjieboer gaan sing. Groot dankie aan Asanti Smit wat nie net háár tyd aan die skool skenk nie, maar ook haar ma, Tannie Annetjie, wat sy ingespan het om met die klavierbegeleiding te help. Tannie Annetjie het jare lank ook kore afgerig en haar eie musiekskool gehad.
Baie dankie aan al ons koorlede wat in hul vakansietyd bereid was om skool toe te kom en saam met Asanti hard gewerk het. Jul opoffering en getrouheid word raakgesien en waardeer.



Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreLaerskool Gansbaai se o.11-krieketspan het op Maandag, 19 Oktober 2026, teen Gansbaai Primêr kragte gemeet.
Die afgelope twee weke het ons Graad 2-Gansies meer geleer oor ons pragtige land, Suid-Afrika!
Daniël de Villiers het van Vrydag tot Sondag aan die TSA Winelands Lentetoernooi in Somerset-Wes en Stellenbosch deelgeneem.
Laerskool Gansbaai en Harbour on Deck slaan hande saam vir die Overberg Toy Run!
Baie geluk aan die hele Diamond Dancers-span!
Help ons om ’n stukkie geskiedenis vir die toekoms te bewaar!