Blog

Junior en Senior Koorwerkswinkel: Wintervakansie 2024

Junior en Senior Koorwerkswinkel: Wintervakansie 2024

Laerskool Gansbaai

Junior en Senior Koorwerkswinkel: Wintervakansie 2024

Die Junior en Senior Koor het die afgelope wintervakansie vir die derde agtereenvolgende jaar 'n omvangryke koorwerkswinkel gehad.

Koorleier, Asanti Smit het, onder andere, die kore se stemkwaliteit, gehoor en konsentrasie op kreatiewe maniere help uitbrei.

Die leerders het ook baie hard gewerk aan die afronding van hul liedjies vir die Helderberg Eisteddfod wat in Julie plaasvind, sowel as liedjies van Anton Goosen, wat hulle tydens optredes op 1 en 2 Augustus saam met ons eie liedjieboer gaan sing. Groot dankie aan Asanti Smit wat nie net háár tyd aan die skool skenk nie, maar ook haar ma, Tannie Annetjie, wat sy ingespan het om met die klavierbegeleiding te help. Tannie Annetjie het jare lank ook kore afgerig en haar eie musiekskool gehad.

Baie dankie aan al ons koorlede wat in hul vakansietyd bereid was om skool toe te kom en saam met Asanti hard gewerk het. Jul opoffering en getrouheid word raakgesien en waardeer.

Junior en Senior Koorwerkswinkel: Wintervakansie 2024

Laerskool Gansbaai

Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

INTERSKOLE 2026

INTERSKOLE 2026

Wat ’n GANSIE-oorwinning! 

Laerskool Gansbaai
INTERSKOLE 2026

INTERSKOLE 2026

Die groot dag is amper hier! 

Laerskool Gansbaai
120 JAAR LAERSKOOL GANSBAAI - FEESVIERINGE!

120 JAAR LAERSKOOL GANSBAAI - FEESVIERINGE!

Laerskool Gansbaai vier in 2026 ’n ongelooflike 120 jaar van geskiedenis, groei en gemeenskap!

Laerskool Gansbaai
Gansies (be)koor by Kalfiefees

Gansies (be)koor by Kalfiefees

'n Groepie van Laerskool Gansbaai se senior koorlede het ons harte van trots laat swel by Sondag se Kalfiefees. 

Laerskool Gansbaai
SKAAK - Anneke du Preez en Isabelle de Villiers

SKAAK - Anneke du Preez en Isabelle de Vill...

Trots op hierdie twee Gansies wat so oor naweke met hul talente woeker!!

Laerskool Gansbaai
Sterkte aan ons Gimnaste!

Sterkte aan ons Gimnaste!

Baie sterkte, ons hou duimvas en weet julle gaan ons trots maak!

Laerskool Gansbaai