INTERSKOLE 2026
Wat ’n GANSIE-oorwinning!
Laerskool Gansbaai se Junior en Senior Kore het Vrydag, 26 Julie 2024 aan die Helderberg Eisteddfod deelgeneem, wat in Caledon aangebied is. Beoordelaars het die afgelope week na kore so wyd as Somerset-Wes tot Napier en dorpies tussen-in geluister.
Laerskool Gansbaai se Junior en Senior Koor het onderskeidelik 'n Goud Plus en Goud Diploma verwerf.
Baie geluk aan elke koorlid met jul puik koordissipline en samewerking.
Baie geluk ook aan ons koorafrigter en dirigent, Asanti Smit, vir al haar ure gespandeer met afrigting, haar deursettingsvermoë met beide kore, asook 'n spesiale dankie aan haar ma, Tannie Annatjie, wat haar bystaan as begeleier.
Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreLaerskool Gansbaai vier in 2026 ’n ongelooflike 120 jaar van geskiedenis, groei en gemeenskap!
'n Groepie van Laerskool Gansbaai se senior koorlede het ons harte van trots laat swel by Sondag se Kalfiefees.
Trots op hierdie twee Gansies wat so oor naweke met hul talente woeker!!
Baie sterkte, ons hou duimvas en weet julle gaan ons trots maak!