Blog

Laat Die Gansies Gons Musiekaande

Laat Die Gansies Gons Musiekaande

Laerskool Gansbaai

Laat Die Gansies Gons Musiekaande

Die Gansies het behoorlik geGons saam met ons eie liedjieboer, Anton Goosen, Laerskool Gansbaai Junior- en Seniorkore, ons eie solo-sangers, sowel as Valiant Swart en Illimar Neitz. Wat 'n belewenis was dit nie vir jonk en oud nie!

Panorama het Donderdagaand, 1 Augustus 2024 en Vrydagaand, 2 Augustus 2024, gelééf met gunstelinge soos Trompie, Jantjie en Waterblommetjies. Van kos gepraat: De Uijlenes, Nel Schrecker en die WOW-ouers van Laerskool Gansbaai het op beide koue aande gesorg vir heerlike warm sop – beslis ’n wenner by elke gas. Met hierdie optredes van Anton Goosen voor sy tuisdorp-gehoor, het 'n wens van baie Gansbaaiers waar geword en is ons jonger generasie geleentheid gebied om legendariese liedjies hul eie te maak. Só is generasies verenig deur samesang en musiekklanke.

Dankie aan AL ons borge vir jul bydrae!! Hoe groot of klein ookal dit was - sonder julle sou dié twee aande se sukses nie moontlik wees nie.

Laat Die Gansies Gons Musiekaande

Laerskool Gansbaai

Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

INTERSKOLE 2026

INTERSKOLE 2026

Wat ’n GANSIE-oorwinning! 

Laerskool Gansbaai
INTERSKOLE 2026

INTERSKOLE 2026

Die groot dag is amper hier! 

Laerskool Gansbaai
120 JAAR LAERSKOOL GANSBAAI - FEESVIERINGE!

120 JAAR LAERSKOOL GANSBAAI - FEESVIERINGE!

Laerskool Gansbaai vier in 2026 ’n ongelooflike 120 jaar van geskiedenis, groei en gemeenskap!

Laerskool Gansbaai
Gansies (be)koor by Kalfiefees

Gansies (be)koor by Kalfiefees

'n Groepie van Laerskool Gansbaai se senior koorlede het ons harte van trots laat swel by Sondag se Kalfiefees. 

Laerskool Gansbaai
SKAAK - Anneke du Preez en Isabelle de Villiers

SKAAK - Anneke du Preez en Isabelle de Vill...

Trots op hierdie twee Gansies wat so oor naweke met hul talente woeker!!

Laerskool Gansbaai
Sterkte aan ons Gimnaste!

Sterkte aan ons Gimnaste!

Baie sterkte, ons hou duimvas en weet julle gaan ons trots maak!

Laerskool Gansbaai