Trotse Gansies op pad na SA Junior Closed Che...
Ons is ongelooflik trots op julle. Geniet dit en bly veilig!

Vanaf graad 1 het hierdie twee dogters, Ninke Kotze en Esmé Collins, mekaar op die baan uitgedaag en jaar na jaar hul beste gegee. In 2024 het hul die trofee, “Sportvrou van die Jaar”, gedeel.
Nou, in graad 7, was die spanning hoog tydens die 2025-sportdag en albei het ’n gelyke kans gestaan om as Victrix Ludorum gekroon te word.
Maar die dag het anders verloop. In haar eerste wedloop beseer Esmé haarself en al kon sy nie haar gewone standaard handhaaf nie, druk sy met ware sportmangees deur met al haar items.
Toe die Victrix Ludorum, Ninke Kotze, aan die einde van die dag aangekondig word, staan sy op en sê: “Ek wil hierdie prys deel met die vriendin wat my al die jare geïnspireer het. Haar moed en deursettingsvermoë is groter as enige trofee.” Op dié manier, deel die twee meisies wéér die gesogte titel.
Die lewensles wat hieruit geneem word, is:
Ware oorwinning lê in respek, vriendskap en sportmanskap.
Mag elke Gansie daarna streef om in 2025 Ware Sportmanskap uit te leef!
Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOns is ongelooflik trots op julle. Geniet dit en bly veilig!
Ons o.13 rugby- en netbalspan het vanaf 19-21 Maart getoer vir deelname aan Laerskool Van Reede se sportdag in Oudtshoorn.
Die Graad 7's het vandag, 19 Maart, die African Penguin Sanctuary sowel as Great White House besoek.
Op Saterdag, 14 Maart 2026, het ons Gansie mini-krieketspelers fantasties gevaar tydens ons eie Mini-Krieketdag!
'n Eerste vir Laerskool Gansbaai is dat 'n invorderingskonsltant aangestel is...