Blog

Gansbaai Mini-Krieketdag ’n Groot Sukses

Gansbaai Mini-Krieketdag ’n Groot Sukses

Laerskool Gansbaai

Gansbaai Mini-Krieketdag ’n Groot Sukses

Op Saterdag, 14 Maart 2026, het ons Gansie mini-krieketspelers fantasties gevaar tydens ons eie Mini-Krieketdag! 

Dit was ’n heerlike dag vol pret, mooi krieket en groot glimlagte. Dit was duidelik dat elke speler die dag behoorlik geniet het.

Groot drome is Saterdag gedroom - al was die veld en ons spelers nog klein. 

Baie dankie aan al die besoekende skole wat saam met ons die dag so spesiaal gemaak het. Ons waardeer julle deelname en die goeie gees waarin alles plaasgevind het.

Ons innige meegevoel ook aan Protea Primêr met die afsterwe van een van hulle kollegas. Baie dankie dat julle, ten spyte daarvan, steeds deel was van ons dag. 

’n Groot dankie ook aan elke Gansie-personeellid, ouer, leerder, speler en borg wat gehelp het om die dag moontlik te maak. Sonder julle ondersteuning en harde werk sou dit nie dieselfde gewees het nie.

Ons is trots op ons Gansies! 

Skole hier teenwoordig: Protea Primêre Skool, Gansbaai Primêre Skool, Laerskool Overberg (3 besoekende skole / 4 skole teenmekaar - LSG ingesluit).

Gansbaai Mini-Krieketdag ’n Groot Sukses

Laerskool Gansbaai

Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

GRAAD 2 | ONS PRAGTIGE LAND

GRAAD 2 | ONS PRAGTIGE LAND

Die afgelope twee weke het ons Graad 2-Gansies meer geleer oor ons pragtige land, Suid-Afrika! 

Laerskool Gansbaai
Baie geluk, Daniël!

Baie geluk, Daniël!

Daniël de Villiers het van Vrydag tot Sondag aan die TSA Winelands Lentetoernooi in Somerset-Wes en Stellenbosch deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
Ondersteun die Overberg Toy Run!

Ondersteun die Overberg Toy Run!

Laerskool Gansbaai en Harbour on Deck slaan hande saam vir die Overberg Toy Run! 

Laerskool Gansbaai
Lia en die Diamond Dancers skitter!

Lia en die Diamond Dancers skitter!

Baie geluk aan die hele Diamond Dancers-span!

Laerskool Gansbaai
’N BOODSKAP AAN ALLE OUD-GANSIES!

’N BOODSKAP AAN ALLE OUD-GANSIES!

Help ons om ’n stukkie geskiedenis vir die toekoms te bewaar!

Laerskool Gansbaai
120 JAAR VAN GLORIE - KONSERT 2026

120 JAAR VAN GLORIE - KONSERT 2026

Kom vier saam met LAERSKOOL GANSBAAI ons ongelooflike 120 jaar van geskiedenis, tradisie en egte Gansie-trots!

Laerskool Gansbaai