INTERSKOLE 2026
Wat ’n GANSIE-oorwinning!
Laerskool Gansbaai het op Vrydag, 21 Februarie die groot voorreg gehad om teen "n toerspan van die Westminsterskool vanaf Londen te speel. Westminster toer elke twee jaar na Suid-Afrika, waar hulle teen sewe skole in die Wes-Kaap speel. Deur ons verhouding met Grootbos Foundation, het hulle gereël dat ons dié jaar teen die toerspan kon speel. Ons seuns het dit baie geniet en goed gespeel. Shaugin Pillay het 'n krieketbal ontvang vir 'n ongelooflike vangskoot. Die spankaptein, Keagan van der Westhuizen en afrigters, Mnr. Francoise Stoman & Kie, kan baie trots wees op die span en hul goeie spelvermoë.
Trots op julle, Gansies!
Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreLaerskool Gansbaai vier in 2026 ’n ongelooflike 120 jaar van geskiedenis, groei en gemeenskap!
'n Groepie van Laerskool Gansbaai se senior koorlede het ons harte van trots laat swel by Sondag se Kalfiefees.
Trots op hierdie twee Gansies wat so oor naweke met hul talente woeker!!
Baie sterkte, ons hou duimvas en weet julle gaan ons trots maak!