Blog

O/13-krieketspan wys hul staal by Six-a-Side-toernooi!

O/13-krieketspan wys hul staal by Six-a-Side-toernooi!

Laerskool Gansbaai

O/13-krieketspan wys hul staal by Six-a-Side-toernooi!

Ons o/13-krieketspan het die naweek deelgeneem aan die Six-a-Side-toernooi by Laerskool Okkie Smuts en ongelooflike spel gewys! Die span het puik gevaar en dit al die pad tot in die finaal gemaak, waar hulle teen Laerskool Kleinmond te staan gekom het.

Alhoewel ons in die eindstryd moes terugstaan, behaal ons 'n trotse 2de plek in die toernooi! Baie geluk aan Laerskool Kleinmond met julle oorwinning en puik sportmangees.

'n Spesiale vermelding aan Shaugin Pillay, wat aangewys is as die beste bouler van die dag, met Keagan van der Westhuizen as die 2de beste bouler. Julle harde werk en talent het uitgeblink!

Baie dankie aan almal wat ons ondersteun het - ons is trots op elke speler!

O/13-krieketspan wys hul staal by Six-a-Side-toernooi!

Laerskool Gansbaai

Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

INTERSKOLE 2026

INTERSKOLE 2026

Wat ’n GANSIE-oorwinning! 

Laerskool Gansbaai
INTERSKOLE 2026

INTERSKOLE 2026

Die groot dag is amper hier! 

Laerskool Gansbaai
120 JAAR LAERSKOOL GANSBAAI - FEESVIERINGE!

120 JAAR LAERSKOOL GANSBAAI - FEESVIERINGE!

Laerskool Gansbaai vier in 2026 ’n ongelooflike 120 jaar van geskiedenis, groei en gemeenskap!

Laerskool Gansbaai
Gansies (be)koor by Kalfiefees

Gansies (be)koor by Kalfiefees

'n Groepie van Laerskool Gansbaai se senior koorlede het ons harte van trots laat swel by Sondag se Kalfiefees. 

Laerskool Gansbaai
SKAAK - Anneke du Preez en Isabelle de Villiers

SKAAK - Anneke du Preez en Isabelle de Vill...

Trots op hierdie twee Gansies wat so oor naweke met hul talente woeker!!

Laerskool Gansbaai
Sterkte aan ons Gimnaste!

Sterkte aan ons Gimnaste!

Baie sterkte, ons hou duimvas en weet julle gaan ons trots maak!

Laerskool Gansbaai