INTERSKOLE 2026
Wat ’n GANSIE-oorwinning!

Op Saterdag, 22 Februarie, het 59 van ons skaakleerders aan die Overbergdistrik se skaakuitdunne deelgeneem.
Verskillende skole in ons kring was teenwoordig en ons leerders het 6 wedstryde elk gespeel - ons is trots op elkeen van hulle. Die pragtige totaal van 44 Gansies is genooi om aan die finale uitdunne op 8 Maart deel te neem, waar hulle sal uitspeel vir Overbergkleure.
Ons wens hierdie 44 Gansies net die beste toe vir die uitdunne op 8 Maart. Lewer net jul beste met goeie spel en sportmanskap. Ons as 'n skool is trots op julle almal.
Maak die regte skuif!!
Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreLaerskool Gansbaai vier in 2026 ’n ongelooflike 120 jaar van geskiedenis, groei en gemeenskap!
'n Groepie van Laerskool Gansbaai se senior koorlede het ons harte van trots laat swel by Sondag se Kalfiefees.
Trots op hierdie twee Gansies wat so oor naweke met hul talente woeker!!
Baie sterkte, ons hou duimvas en weet julle gaan ons trots maak!