INTERSKOLE 2026
Wat ’n GANSIE-oorwinning!
RUGBY
Op Donderdag, 17 April, het die Gansie-rugbyspanne by Laerskool Hermanus kragte gemeet: 0/7 | 0/8 | 0/9 | 0/11 | 0/13A | 0/13B
Hermanus was sterk, en alhoewel ons spanne al hul wedstryde verloor het, het hul waardevolle lesse geleer oor moed, spanwerk en om nooit tou op te gooi nie.
Ons is trots op elke speler wat hul beste gegee het. Ons groei saam, ons leer saam. Gansies hou steeds hul koppe hoog!



NETBAL
Die Gansies 'n heerlike dag van netbal teen Laerskool Hermanus geniet op Donderdag, 17 April.
Ten spyte van die Gansies se goeie pogings, het Laerskool Hermanus geseëvier deur te wen teen ons 0/8- tot 0/12-, sowel as die 0/13A-span. Die 0/13B's het braaf gespeel en hul wedstryd gewen.
Wen of verloor, ons bly trots op elkeen van ons Gansies wat hulself voorberei vir die seisoen wat voorlê!






Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreLaerskool Gansbaai vier in 2026 ’n ongelooflike 120 jaar van geskiedenis, groei en gemeenskap!
'n Groepie van Laerskool Gansbaai se senior koorlede het ons harte van trots laat swel by Sondag se Kalfiefees.
Trots op hierdie twee Gansies wat so oor naweke met hul talente woeker!!
Baie sterkte, ons hou duimvas en weet julle gaan ons trots maak!