INTERSKOLE 2026
Wat ’n GANSIE-oorwinning!
RUGBY- EN NETBALNUUS
RUGBY
Op Donderdag, 15 Mei het die Gansies na Klein Ovies in Caledon gereis vir ‘n dag vol opwinding en spanbou! Die weer was perfek vir rugby en die kinders het hul alles op die veld gegee!
Ons o/7-span het ‘n skitterende wedstryd gespeel en verdien met trots die oorwinning!
Die o/8-, o/9-, o/11- en o/13-spanne het hard geveg, maar moes dié keer die knie buig. Julle karakter en sportmangees bly iets om op trots te wees!
Dankie aan Klein Ovies vir jul gasvryheid en 'n spesiale dankie aan al ons ouers vir jul ongelooflike ondersteuning langs die kantlyn!
0/7A

0/8A

0/9A

0/11A

0/13A

NETBAL
Die Gansies het 'n heerlike, warm dag van netbal teen Laerskool Ovies in Caledon geniet op Donderdag, 15 Mei.
Die uitslae is as volg:
0/7A verloor

0/8A verloor
0/9A verloor

0/10A wen

0/11A wen
0/12A en B verloor


0/13A verloor

0/13B wen

Wen of verloor, ons bly trots op elkeen van ons Gansies!
Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreLaerskool Gansbaai vier in 2026 ’n ongelooflike 120 jaar van geskiedenis, groei en gemeenskap!
'n Groepie van Laerskool Gansbaai se senior koorlede het ons harte van trots laat swel by Sondag se Kalfiefees.
Trots op hierdie twee Gansies wat so oor naweke met hul talente woeker!!
Baie sterkte, ons hou duimvas en weet julle gaan ons trots maak!