INTERSKOLE 2026
Wat ’n GANSIE-oorwinning!
Op Saterdag, 31 Mei, het ons landloopatlete aan die Boland Interdistrikte-byeenkoms te Worcester deelgeneem. Soos te wagte, was die kompetisie baie sterk en die béste Boland- landloopatlete het met hul talente gespog. Tussen 40 en 90 atlete per ouderdomsgroep het teen mekaar gekompeteer. Elke Gansie-landloper het alles ingesit om ook hul beste te gee. Ons is baie trots om te kan rapporteer dat Mieke Groenewald ‘n 6de plek by Do/9 behaal het, Liëtte Kotze was 8ste by Do/10, Ninke Kotze en Esmé Collins onderskeidelik 14de en 15de by Do/13, met Pippa Pretorius in die 16de plek by Do/9.
Ons sien uit na die Bolandproewe wat in volgende kwartaal aangebied word!
Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreLaerskool Gansbaai vier in 2026 ’n ongelooflike 120 jaar van geskiedenis, groei en gemeenskap!
'n Groepie van Laerskool Gansbaai se senior koorlede het ons harte van trots laat swel by Sondag se Kalfiefees.
Trots op hierdie twee Gansies wat so oor naweke met hul talente woeker!!
Baie sterkte, ons hou duimvas en weet julle gaan ons trots maak!