INTERSKOLE 2026
Wat ’n GANSIE-oorwinning!

Gansies deel hul musiektalent by Pinkstermaal.
Sewe van ons Gansies en twee oud-Gansies, Arielle en Armand du Plessis, het Vrydagaand, 6 Junie, by die NG Kerk Gansbaai se Pinkstermaal opgetree. Die aand se program het bestaan uit verskeie sang- en ensemble items.
Hanro Coetzer het twee solo sangitems uitgevoer. ‘n Trio van Graad 3-leerders - Layli Appel, Mieke Groenewald en Liahné Otto - het ook ’n lied gesing en later saam met Arielle en Vera du Plessis opgetree.
Die talentvolle Du Plessis-ensemble het verskeie items aangebied, waaronder ‘n beurtsang duet, ’n kanon en gesamentlike sang deur Arielle, Eben en Vera. Armand het die viool gespeel en Jan-Dawid die kitaar.
Wat ’n voorreg om soveel musiektalent in ons Gansie-gemeenskap te hê!
Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreLaerskool Gansbaai vier in 2026 ’n ongelooflike 120 jaar van geskiedenis, groei en gemeenskap!
'n Groepie van Laerskool Gansbaai se senior koorlede het ons harte van trots laat swel by Sondag se Kalfiefees.
Trots op hierdie twee Gansies wat so oor naweke met hul talente woeker!!
Baie sterkte, ons hou duimvas en weet julle gaan ons trots maak!