Sportprestasies van Gansies

Sportprestasies van Gansies

Laerskool Gansbaai

Sportprestasies van Gansies

TENNIS:

Daniël de Villiers het die afgelope naweek sy tennisskoene behoorlik laat werk!

Op Saterdag, 21 Junie, het hy deelgeneem aan die Worcester ProKennex-toernooi en eindig hy 3de by seuns O/11. 

Op Sondag, 22 Junie, het hy deelgeneem aan die eerste rondte van die Overberg Tennisproewe te Bredasdorp, waar hy 4de eindig.

Welgedaan, Daniël - speel jou hart uit, Gansie!

Daar is nog 2 rondtes proewe oor. Na al 3 proewe word die top 8 vir die Overberg span gekies.

Daniël 3de, Seuns 0/11 by Worcester ProKennex

LANDLOOP: 

Die Landloop-distriksbyeenkoms is op 21 Junie 2025 by Laerskool Overberg aangebied en ons is weereens baie trots en dankbaar om die pragtige uitslae van ons Gansies te deel:

DO/9: Mieke Groenewald 2de, Pippa Pretorius 6de

D0/10: Liëtte Kotze 3de, Isabella Beets 6de

S0/10: Micah Fisher 6de, 

D0/11: Lucadin Jansen 5de

D0/12: Skylar Beyers 6de

DO/13: Esmé Collins 4de, Ninke Kotze 5de.

S0/13: Chris du Toit 5de

D0/14: Janica du Toit 2de

‘n Paar van ons atlete het die Top 6-posisie net-net gemis. Ons het groot waardering vir elke atleet wat dwarsdeur die toetsreeks getrou geoefen het om hul kant te bring. Aanhouer wen! Julle maak ons trots!

Sportprestasies van Gansies

Laerskool Gansbaai

Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gansbaai se Daniël Blink vir die Wes-Kaap Kavaliers Tennisspan

Gansbaai se Daniël Blink vir die Wes-Kaap Ka...

Baie geluk aan Daniël met sy uitstekende prestasie as deel van die Wes-Kaap Kavaliers Tennisspan!

Laerskool Gansbaai
Landloopuitslae: Distrikskampioenskappe 21 Junie, Caledon

Landloopuitslae: Distrikskampioenskappe 21 Ju...

Baie geluk aan die volgende atlete wat onder die top 6 geëindig het by dié kampioenskappe.

Laerskool Gansbaai
VAKATURE: SBL-BETREKKING BY LAERSKOOL GANSBAAI

VAKATURE: SBL-BETREKKING BY LAERSKOOL GANSBAA...

Laerskool Gansbaai nooi gekwalifiseerde en toegewyde onderwysers uit om aansoek te doen...

Laerskool Gansbaai
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
24 Tablette vir Laerskool Gansbaai

24 Tablette vir Laerskool Gansbaai

Laerskool Gansbaai neem ontvangs van 24 tablette en twee laaistasies.

Laerskool Gansbaai
Gansbaai o.13A Netbalspan Kry Nuwe Baadjies

Gansbaai o.13A Netbalspan Kry Nuwe Baadjies

Netbalspan spog met nuwe baadjies.

Laerskool Gansbaai