Sportprestasies van Gansies

Sportprestasies van Gansies

Laerskool Gansbaai

Sportprestasies van Gansies

TENNIS:

Daniël de Villiers het die afgelope naweek sy tennisskoene behoorlik laat werk!

Op Saterdag, 21 Junie, het hy deelgeneem aan die Worcester ProKennex-toernooi en eindig hy 3de by seuns O/11. 

Op Sondag, 22 Junie, het hy deelgeneem aan die eerste rondte van die Overberg Tennisproewe te Bredasdorp, waar hy 4de eindig.

Welgedaan, Daniël - speel jou hart uit, Gansie!

Daar is nog 2 rondtes proewe oor. Na al 3 proewe word die top 8 vir die Overberg span gekies.

Daniël 3de, Seuns 0/11 by Worcester ProKennex

LANDLOOP: 

Die Landloop-distriksbyeenkoms is op 21 Junie 2025 by Laerskool Overberg aangebied en ons is weereens baie trots en dankbaar om die pragtige uitslae van ons Gansies te deel:

DO/9: Mieke Groenewald 2de, Pippa Pretorius 6de

D0/10: Liëtte Kotze 3de, Isabella Beets 6de

S0/10: Micah Fisher 6de, 

D0/11: Lucadin Jansen 5de

D0/12: Skylar Beyers 6de

DO/13: Esmé Collins 4de, Ninke Kotze 5de.

S0/13: Chris du Toit 5de

D0/14: Janica du Toit 2de

‘n Paar van ons atlete het die Top 6-posisie net-net gemis. Ons het groot waardering vir elke atleet wat dwarsdeur die toetsreeks getrou geoefen het om hul kant te bring. Aanhouer wen! Julle maak ons trots!

Sportprestasies van Gansies

Laerskool Gansbaai

Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

GRAAD 2 | ONS PRAGTIGE LAND

GRAAD 2 | ONS PRAGTIGE LAND

Die afgelope twee weke het ons Graad 2-Gansies meer geleer oor ons pragtige land, Suid-Afrika! 

Laerskool Gansbaai
Baie geluk, Daniël!

Baie geluk, Daniël!

Daniël de Villiers het van Vrydag tot Sondag aan die TSA Winelands Lentetoernooi in Somerset-Wes en Stellenbosch deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
Ondersteun die Overberg Toy Run!

Ondersteun die Overberg Toy Run!

Laerskool Gansbaai en Harbour on Deck slaan hande saam vir die Overberg Toy Run! 

Laerskool Gansbaai
Lia en die Diamond Dancers skitter!

Lia en die Diamond Dancers skitter!

Baie geluk aan die hele Diamond Dancers-span!

Laerskool Gansbaai
’N BOODSKAP AAN ALLE OUD-GANSIES!

’N BOODSKAP AAN ALLE OUD-GANSIES!

Help ons om ’n stukkie geskiedenis vir die toekoms te bewaar!

Laerskool Gansbaai
120 JAAR VAN GLORIE - KONSERT 2026

120 JAAR VAN GLORIE - KONSERT 2026

Kom vier saam met LAERSKOOL GANSBAAI ons ongelooflike 120 jaar van geskiedenis, tradisie en egte Gansie-trots!

Laerskool Gansbaai