Eisteddfod

Eisteddfod

Laerskool Gansbaai

Eisteddfod

Op Maandag, 28 Julie, het 9 van ons "nagtegaal-Gansies" deelgeneem aan die eerste Flame Eisteddfod in die Overberg en 11 toekennings huistoe gebring. Baie geluk met jul prag-prestasies!!

Silwer: 

Layli Appel 78%, Gretchen Buhr 78%, Mieke Groenewald 80%, Heather-Mari Longland 77%

Goud: 

Hanro Coetzer 90% (klassieke afdeling), Danielle Corbett 83%, Jan-Dawid du Plessis 83%, Liahné Otto 85%, Hannah van Zyl 83%

Diploma: 

Hanro Coetzer het 2 diplomas verwerf (1 opera 91% & 1 musiekteater 93%)

Image 1

Baie geluk aan ons Senior Koor met hul Goud (86%) by Flame Eisteddfod. Dertig van ons Koor-Gansies het opgetree en 'n program van 3 uiteenlopende liedere aangebied op 28 Julie by die Flame Eisteddfod se koorafdeling in Hermanus. Tweestemmige werke is gesing, asook 'n kanonlied. 

Elkeen het 'n Flame-sertifikaat vir hul goue prestasie ontvang.

Ons is baie trots op julle!

Baie geluk aan ConGrazia : Ballet (o.l.v. Asanti Smit) vir beginners se Junior-groepie wat 29 Julie by die Flame Eisteddfod silwer (77%) ontvang het vir hul pragtige "Ain't she Sweet"-item. Dit was hul heel 1ste Eisteddfod-optrede, nl. Duné Visagie, Mabore Twala, Karli Radyn, Azaileah Fortuin, Anica Esterhuyse. Mooi gedoen, ballerinas!

ConGrazia : Ballet vir beginners se Senior-groepie (o.l.v. Asanti Smit) het 29 Julie by Flame Eisteddfod opgetree en 'n pragtige silwer sertifikaat (80%) ontvang. Baie geluk aan ons Gansie-ballerinas: Mieke Kotze, Jana Fourie, Zakeeya Filander, Liahné Otto, Kimmy Shambamuto en Skye Booysen. Ons is trots op julle!

Laerskool Gansbaai se Junior Koor het 'n pragtige Goud (90%) behaal vir hul aanbieding van 3 liedere by die Flame Eisteddfod op Maandag, 28 Julie in Hermanus. Twintig van ons Junior Koor-Gansies het opgetree en het elkeen 'n pragtige Flame-sertifikaat ontvang. Baie geluk met jul lieflike koorklanke-sukses!

Image 1

Op Saterdag, 2 Augustus 2025, het Poco Musica Musiekskool (o.l.v. Asanti Smit) se musiekklanke die Flame Eisteddfod behoorlik aan die brand gehou! Die oggend is afgeskop met die duet-afdeling waarin nege van ons Gansiemusikante 4 goue sertifikate en 1 silwer sertifikaat ontvang het.

Goud: Liahné Otto & Hanro Coetzer; Talita Radyn & Mia de Klerk; Liëtte Kotze & Isabelle de Villiers; Gretchen Buhr & Ninke Kotze

Silwer: Skye Booysen & Liahné Otto

Baie geluk aan jul elkeen met jul pragtige duette!!

Image 1
Image 2
Image 3
Image 1
Image 2

Op Saterdag, 2 Augustus 2025, het Poco Musica Musiekskool (o.l.v. Asanti Smit) se musiekklanke die Flame Eisteddfod behoorlik aan die brand gehou! Die oggend is afgeskop met die duet-afdeling waarin nege van ons Gansiemusikante 4 goue sertifikate en 1 silwer sertifikaat ontvang het.

Goud: Liahné Otto & Hanro Coetzer; Talita Radyn & Mia de Klerk; Liëtte Kotze & Isabelle de Villiers; Gretchen Buhr & Ninke Kotze

Silwer: Skye Booysen & Liahné Otto

Baie geluk aan jul elkeen met jul pragtige duette!!

Image 1
Eisteddfod

Laerskool Gansbaai

Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gansbaai se Daniël Blink vir die Wes-Kaap Kavaliers Tennisspan

Gansbaai se Daniël Blink vir die Wes-Kaap Ka...

Baie geluk aan Daniël met sy uitstekende prestasie as deel van die Wes-Kaap Kavaliers Tennisspan!

Laerskool Gansbaai
Landloopuitslae: Distrikskampioenskappe 21 Junie, Caledon

Landloopuitslae: Distrikskampioenskappe 21 Ju...

Baie geluk aan die volgende atlete wat onder die top 6 geëindig het by dié kampioenskappe.

Laerskool Gansbaai
VAKATURE: SBL-BETREKKING BY LAERSKOOL GANSBAAI

VAKATURE: SBL-BETREKKING BY LAERSKOOL GANSBAA...

Laerskool Gansbaai nooi gekwalifiseerde en toegewyde onderwysers uit om aansoek te doen...

Laerskool Gansbaai
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
24 Tablette vir Laerskool Gansbaai

24 Tablette vir Laerskool Gansbaai

Laerskool Gansbaai neem ontvangs van 24 tablette en twee laaistasies.

Laerskool Gansbaai
Gansbaai o.13A Netbalspan Kry Nuwe Baadjies

Gansbaai o.13A Netbalspan Kry Nuwe Baadjies

Netbalspan spog met nuwe baadjies.

Laerskool Gansbaai