INTERSKOLE 2026
Wat ’n GANSIE-oorwinning!
Baie geluk aan Poco Musica se snare-span met pragtige items wat aangebied is by die 1ste Flame Eisteddfod in Hermanus op Saterdag, 2 Augustus. Julle maak ons so trots!!
Stiaan Fourie en Neël Groenewald het elkeen goud verwerf vir hul solo-items op kitaar.
Ons Grondslagfase ukulele-spelers :
* Francois Marais het 'n silwer sertifikaat ontvang vir sy solo item.
* Karli Radyn en Francois se duet op ukulele het silwer verwerf.
Kitaar ensemble: Stiaan Fourie, Neël Groenewald, Wilhelm Buhr (en oud-Gansie Marni Hoon) het ook silwer ontvang.
Groot geluk aan jul elkeen!

Baie geluk aan ons Gansie-pianiste (Poco Musica o.l.v. Asanti Smit) wat op 2 Augustus deelgeneem het aan die Flame Eisteddfod se solo-instrument afdeling in Hermanus.
Die klawers het behoorlik rondgedans en pragtige kommentaar is ontvang. Ons is baie trots op julle!
Goud: Skye Booysen, Liëtte Kotze, Ninke Kotzé
Silwer: Isabelle de Villiers, Hanro Coetzer, Gretchen Buhr, Liahné Otto
Ons wens ook al ons Poco Musica-musikante wat gedurende Augustus hul 1ste ALMSA musiek-eksamens in klavier en blokfluit aflê, spesiale sterkte toe!


Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreLaerskool Gansbaai vier in 2026 ’n ongelooflike 120 jaar van geskiedenis, groei en gemeenskap!
'n Groepie van Laerskool Gansbaai se senior koorlede het ons harte van trots laat swel by Sondag se Kalfiefees.
Trots op hierdie twee Gansies wat so oor naweke met hul talente woeker!!
Baie sterkte, ons hou duimvas en weet julle gaan ons trots maak!