INTERSKOLE 2026
Wat ’n GANSIE-oorwinning!

Gansbaai se leierstemme vandag gehoor!
Ons is trots om aan te kondig dat die Leerlingraad van 2026 vandag by Laerskool Gansbaai verkies is, met die hulp van Voting Crowd, 'n elektroniese verkiesingsplatform.
Baie geluk aan elke leerder wat verkies is - julle is die stem en die voorbeeld van ons skool. Ons glo dat julle met trots, verantwoordelikheid en leierskap gaan dien en ’n verskil sal maak in 2026. Die nuwe leiers vir 2026 is:
Lisa Beets, Chelsey Els, George Ferreira, Johané Gericke, Abbigail Hage, Luchay Jansen, Surané Jansen van Rensburg, Luke Julies, Maks Kotze, André Leach, Chelsey Louw, Zean Ludick en Keagan van der Westhuizen.
Dankie ook aan al die leerders wat hul stemme uitgebring het - saam bou ons aan ’n sterker, trotse Gansbaai!
Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreLaerskool Gansbaai vier in 2026 ’n ongelooflike 120 jaar van geskiedenis, groei en gemeenskap!
'n Groepie van Laerskool Gansbaai se senior koorlede het ons harte van trots laat swel by Sondag se Kalfiefees.
Trots op hierdie twee Gansies wat so oor naweke met hul talente woeker!!
Baie sterkte, ons hou duimvas en weet julle gaan ons trots maak!