Blog

Rondte 4 - Ligawedstryde

Rondte 4 - Ligawedstryde

Laerskool Gansbaai

Rondte 4 - Ligawedstryde

Op Dinsdag 26 Mei het ons ligawedstryde teen Laerskool Okkie Smuts uiteindelik plaasgevind nadat die wedstryde op 14 Mei weens storms en gure weer uitgestel moes word.

Ons spanne het uitstekend gevaar en die meeste wedstryde is gewen. Nog belangriker was die goeie gees waarin die dag plaasgevind het. Die spelers het dit baie geniet en dit was besonders om te sien hoe die Gansies saamstaan, mekaar aanmoedig en deurentyd ondersteun.

Baie dankie aan Laerskool Okkie Smuts dat julle hierheen gekom het. Dit was heerlik om julle te ontvang en dankie vir die goeie sportmangees wat op en langs die veld gewys is.

’n Opregte dankie aan elke afrigter, personeellid, skeidsregter, ouer en getroue ondersteuner vir julle aanmoediging en ondersteuning. Dankie dat julle in ons glo en ons motiveer om altyd ons beste te gee.

Hierdie was ons laaste ligawedstryd vir kwartaal 2 en ons glo dat kwartaal 3 sommer nóg beter sal verloop.

Sterkte ook aan al die Gansies met die assesserings en eksamens wat voorlê. Ons weet julle sal ook daar julle beste gee en almal trots maak.

Gedagte vir die dag:

“Die kwartaal mag dalk eindig, maar die herinneringe, vriendskappe en spanbou van ons sport bly nog lank by ons.”

Rondte 4 - Ligawedstryde

Laerskool Gansbaai

Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

INTERSKOLE 2026

INTERSKOLE 2026

Wat ’n GANSIE-oorwinning! 

Laerskool Gansbaai
INTERSKOLE 2026

INTERSKOLE 2026

Die groot dag is amper hier! 

Laerskool Gansbaai
120 JAAR LAERSKOOL GANSBAAI - FEESVIERINGE!

120 JAAR LAERSKOOL GANSBAAI - FEESVIERINGE!

Laerskool Gansbaai vier in 2026 ’n ongelooflike 120 jaar van geskiedenis, groei en gemeenskap!

Laerskool Gansbaai
Gansies (be)koor by Kalfiefees

Gansies (be)koor by Kalfiefees

'n Groepie van Laerskool Gansbaai se senior koorlede het ons harte van trots laat swel by Sondag se Kalfiefees. 

Laerskool Gansbaai
SKAAK - Anneke du Preez en Isabelle de Villiers

SKAAK - Anneke du Preez en Isabelle de Vill...

Trots op hierdie twee Gansies wat so oor naweke met hul talente woeker!!

Laerskool Gansbaai
Sterkte aan ons Gimnaste!

Sterkte aan ons Gimnaste!

Baie sterkte, ons hou duimvas en weet julle gaan ons trots maak!

Laerskool Gansbaai