GRAAD 2 | ONS PRAGTIGE LAND
Die afgelope twee weke het ons Graad 2-Gansies meer geleer oor ons pragtige land, Suid-Afrika!
Op Dinsdag 26 Mei het ons ligawedstryde teen Laerskool Okkie Smuts uiteindelik plaasgevind nadat die wedstryde op 14 Mei weens storms en gure weer uitgestel moes word.
Ons spanne het uitstekend gevaar en die meeste wedstryde is gewen. Nog belangriker was die goeie gees waarin die dag plaasgevind het. Die spelers het dit baie geniet en dit was besonders om te sien hoe die Gansies saamstaan, mekaar aanmoedig en deurentyd ondersteun.
Baie dankie aan Laerskool Okkie Smuts dat julle hierheen gekom het. Dit was heerlik om julle te ontvang en dankie vir die goeie sportmangees wat op en langs die veld gewys is.
’n Opregte dankie aan elke afrigter, personeellid, skeidsregter, ouer en getroue ondersteuner vir julle aanmoediging en ondersteuning. Dankie dat julle in ons glo en ons motiveer om altyd ons beste te gee.
Hierdie was ons laaste ligawedstryd vir kwartaal 2 en ons glo dat kwartaal 3 sommer nóg beter sal verloop.
Sterkte ook aan al die Gansies met die assesserings en eksamens wat voorlê. Ons weet julle sal ook daar julle beste gee en almal trots maak.
Gedagte vir die dag:
“Die kwartaal mag dalk eindig, maar die herinneringe, vriendskappe en spanbou van ons sport bly nog lank by ons.”
Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreDie afgelope twee weke het ons Graad 2-Gansies meer geleer oor ons pragtige land, Suid-Afrika!
Daniël de Villiers het van Vrydag tot Sondag aan die TSA Winelands Lentetoernooi in Somerset-Wes en Stellenbosch deelgeneem.
Laerskool Gansbaai en Harbour on Deck slaan hande saam vir die Overberg Toy Run!
Baie geluk aan die hele Diamond Dancers-span!
Help ons om ’n stukkie geskiedenis vir die toekoms te bewaar!
Kom vier saam met LAERSKOOL GANSBAAI ons ongelooflike 120 jaar van geskiedenis, tradisie en egte Gansie-trots!