GANSIES SKITTER BY DIE CURRO HERMANUS SPRING ...
Van ons Gansies het op Saterdag 31 Oktober aan die Curro Hermanus Spring Open Skaaktoernooi deelgeneem en besonder goed gevaar!
Op Dinsdag, 3 November 2026, het ons o.11- en o.13-krieketspanne ’n heerlike wedstryd teen Okkie Smuts gespeel!
Dit was ’n lekker dag op die krieketveld, vol goeie sportmanskap, spanwerk en krieketgees.
Dit was ook die einde van die krieketseisoen vir ons o.13-span, asook die laaste krieketwedstryd vir die Gr 7-leerders as Gansies. ’n Spesiale oomblik en die einde van ’n mooi hoofstuk!
Baie dankie aan Okkie Smuts vir die lekker wedstryd en die goeie gees waarin dit gespeel is.
Aan elke speler: Baie dankie vir julle bydrae tot krieket by Laerskool Gansbaai. Ons waardeer elkeen se harde werk, toewyding en entoesiasme.
Mag julle volgende jaar weer julle beste gee en aanhou om met trots en passie die veld aan te durf!
Sterkte vir die o.11-krieketspan wat ook vanmiddag hul laaste wedstryd vir die jaar teen Curro Hermanus speel.
Ons is trots op julle, Gansies!


Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreVan ons Gansies het op Saterdag 31 Oktober aan die Curro Hermanus Spring Open Skaaktoernooi deelgeneem en besonder goed gevaar!
Lienke Otto skitter by haar heel eerste perdeskou!
'n Paar sitplekke is beskikbaar weens onvoorsiene kansellasies.
Laerskool Gansbaai se o.11-krieketspan het op Maandag, 19 Oktober 2026, teen Gansbaai Primêr kragte gemeet.
Die afgelope twee weke het ons Graad 2-Gansies meer geleer oor ons pragtige land, Suid-Afrika!
Daniël de Villiers het van Vrydag tot Sondag aan die TSA Winelands Lentetoernooi in Somerset-Wes en Stellenbosch deelgeneem.