Blog

Uit die Woord

Uit die Woord

O.M.G.E.E. Bediening

God sorg vir die mis, die dou en die reën! Prys Hom!

“Dit is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskape is. Die dag toe die HERE God die aarde en die hemel gemaak het, was daar nog geen struike in die veld op die aarde nie, en geen plante van die veld het nog uitgespruit nie; want die HERE God het nog nie laat reën op die aarde nie, en daar was geen mens om die grond te bewerk nie. Maar ‘n mis het opgetrek uit die aarde en die hele aardbodem bevogtig.” (Gen 2:4-6)

Die Wes-Kaap ervaar die ergste droogte in ‘n baie lang tydperk. Die waterkrisis in Kaapstad en omgewing is só erg dat elke mens net ‘n paar liter water per dag toegelaat word. In seker dele van die Karoo het dit tien jaar laas gereën - en boere het duisende skape en lewende hawe verloor as gevolg van die droogte. Jy kan letterlik sê dat die droogte ons op ons knieë gedwing het. Miljoene gebede het opgegaan om te bid vir uitkoms, vir reën. Die vraag is: Het God ons gebede gehoor? Gaan Hy uitkoms gee?

Ons bly in ‘n winter reënvalstreek. Ons beste reëns kom in die winter. Hierdie afgelope paar jaar het ons, soos ook dwarsdeur die hele wêreld, ‘n versteuring in die temperatuur en reënval ervaar. Oorstromings op sekere plekke en droogte op ander. Orkane, siklone en windstorms het groot verwoesting gebring. Droogte het Noord- en Wes-Afrika al só geteister dat baie lande glad nie meer water het nie. Die waterkrisis is ‘n wêreldwye verskynsel - en tog voorsien God nog steeds dat daar uitkoms kom! Die reën wat die afgelope weke hier by ons geval het e nook in groot dele van die Wes-Kaap is ‘n duidelike bewys van ons God wat gebede verhoor. Dis nie ons normale reënseisoen nie - en tog val die reën mildelik oral om ons! Kom ons prys Hom ook met miljoene gebede van dankbaarheid daaroor - God sorg vir ons - al dink ons nie altyd só nie.

In die nag, terwyl ons slaap, laat God toe dat ‘n ligte mis die hele aarde bevogtig. Ons kan dit nie sien nie, maar as ons vroegoggend op die gras loop word ons voete nat. God stuur die mis wat in die kleinste druppeltjies water kondenseer en dou vorm. Selfs in die droogste woestyngedeeltes van die wêreld vorm doudruppels om die aarde nat te maak. God voorsien. God stuur op Sy tyd die mis, die dou en die reën. Prys Hom daarvoor!

Dalk moet ons vir ‘n oomblik net gaan stilstaan en raaksien hoe God vir ons is. Ten spyte van die mens wat die aarde vernietig met tegnologie, gifstowwe en wanpraktyke - biljoene tonne rook wat daagliks in die skoon lug opgaan - El Nino’s veroorsaak - is God ons nog steeds genadig en gee Hy die mis, die dou en die reën. Elke sekonde van ons lewe is nog steeds in Sy hand - al kom daar ook swaar en bewproewing op ons pad - weet ons dat niks ons van God se liefde kan skei nie (Rom. 8:31-38). Prys Hom daarvoor! Kom ons kniel as Christene voor ons Here God en sê dankie vir elke druppel dou en reën!

Uit die Woord

Deon Kloppers

There’s a lot to be said in a name, and when Pastor Deon Kloppers first established the non-denominational O.M.G.E.E. (Ons Moet God Erken en Eer) Bediening, he did so with the knowledge that having a relationship with God allows you to have a relationship with people. The heart of this church beat...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Kom ons maak 2018 ‘n jaar van gebed!

Kom ons maak 2018 ‘n jaar van gebed!

Kan jy glo dis al weer ‘n nuwe jaar! 2018 het só vining aangebreek dat baie van ons nog nie eers kon afskeid neem van 2017 nie!

For God só loved the world…

For God só loved the world…

May I share my secret with you? I have a diamond that is worth more than all the money in the world!

Hou hierdie Kerstyd jou oog op Jesus gevestig!

Hou hierdie Kerstyd jou oog op Jesus gevestig...

Rig jou oog hierdie Kerstyd op Jesus.