Blog

Kom ons maak 2018 ‘n jaar van gebed!

Kom ons maak 2018 ‘n jaar van gebed!

O.M.G.E.E. Bediening

“Maar Jesus het Hom altyd weer in eensame plekke afgesonder om daar te bid.” (Luk 5:16) “In daardie tyd het Jesus uitgegaan na die berg toe om te bid en die hele nag deurgebring in gebed tot God.” (Luk 6:12) 

Kan jy glo dis al weer ‘n nuwe jaar! 2018 het só vining aangebreek dat baie van ons nog nie eers kon afskeid neem van 2017 nie! Tog dink ek dat elkeen van ons uitsien na ‘n jaar met nuwe geleenthede en uitdagings. Ons het almal geleer uit die verlede en wil nou ons kans gebruik om van ‘n klomp dinge ‘n groter sukses te maak. Ek sê altyd: “In die lewe is daar nie foute nie, net lesse!” Ons is nie ‘n mislukking as ons foute maak nie - maar ontwikkelende mense wat moet groei. Ons leer uit ons foute en leer van mekaar.

Daarom kyk ek graag na die voorbeeld wat Jesus gestel het tydens Sy lewe op aarde. Ons wil tog almal graag soos Hy word - Jesus in ons lewe laat sigbaar word. Een van Jesus se karaktereienskapp of gebruike wat ons maar gerus kan navolg is Sy benadering tot gebed. Lees weer die twee verse hierbo uit Lukas en jy sal opmerk dat Jesus van gebed ‘n geleentheid gemaak het om met Sy Vader te gesels - en sekerlik krag te kry vir elke uitdaging wat Hy moes aanpak. Hy het gereeld tyd gemaak vir gebed e nook Hom afgesonder waar niks of niemand Hom kon steur nie - veral gedurende die stil nagtelike ure. Kan ons maar probeer om Sy voorbeeld te volg nie?

Ons as gelowiges kan nie sonder gebed geestelik voluit lewe nie. Soos jou liggaan suurstof nodig het om te kan lewe, het jou siel gebed nodig. Hou net ‘n bietjie op met asemhaal en kyk wat gebeur. Vergeet net van die belangrikheid van gebed en jou geestelik lewe begin agteruitgaan. Eerwaarde Moffat van die Kurumansending het gereeld die kinders in die bos laat stap op paadjies wat deur hulle voete uitgetrap is. Telkens wanneer hy gedink het die kinders se gebedeslewe het verflou het hy hulle aangespreek en gesê: “Die gras groei op julle paadjies van gebed.” Onkruid en gras het die manier om in jou tuin ongemerk te groei en al die mooi plante en blomme te verdring. Om hierdie jaar te besig te wees met sogenaamde belangriker ding gaan maak dat jy jou gebedslewe afskeep.

Waar ons dit regkry om asem te haal sonder dat ons daaraan dink, vra gebed van ons ‘n doelbewuste besluit en gewoonte om gereeld te bid. Ons sal moet tyd inruim waar ons eenkant toe aan en tot God bid. Dalk moet ons iewers in ons huis of tuin ‘n hoekie inrig waar ons met Jesus ‘n afspraak het. Wie weet hoe kosbaar en waardevol daardie tydjies nie gaan word nie. Gebed gaan nie net oor vra en versoeke nie, maar om in God se teenwoordigheid te ontspan.

Mag jou 2018 ook ‘n jaar van gebed word waar jy die lewende God persoonlik ontmoet! Ek glo ons lewe sal na hierdie jaar nooit weer dieselfde wees nie!

Kom ons maak 2018 ‘n jaar van gebed!

O.M.G.E.E. Bediening

There’s a lot to be said in a name, and when Pastor Deon Kloppers first established the non-denominational O.M.G.E.E. (Ons Moet God Erken en Eer) Bediening, he did so with the knowledge that having a relationship with God allows you to have a relationship with people. The heart of this church beat...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

For God só loved the world…

For God só loved the world…

May I share my secret with you? I have a diamond that is worth more than all the money in the world!

Hou hierdie Kerstyd jou oog op Jesus gevestig!

Hou hierdie Kerstyd jou oog op Jesus gevestig...

Rig jou oog hierdie Kerstyd op Jesus.

Uit die Woord

Uit die Woord

God sorg vir die mis, die dou en die reën! Prys Hom!