Spaar Water Asseblief!

Spaar Water Asseblief!

Suidernuus / Southern Post

Spaar Water Asseblief!

image left

Warm, winderige toestande die afgelope maand het veroorsaak dat damvlakke in die Overberg onrusbarend gesak het. Bredasdorp se Vleikloofdam wat in Januarie nog vol was, lê nou op 67%.

Shane Roach, bestuurder van water en sanitasie by die Kaap Agulhas Munisipaliteit, sê hy is self bekommerd oor die skerp daling in die damvlakke. KAM het gevra dat inwoners water spaar-samig gebruik.

Hoewel droë, warm weer normaal is vir dié tyd van die jaar is die verdamping hoog. Die Vleikloofdam word aangevul uit die Sanddrifdam buite Napier, wat wel nog 90% vol is. Verskeie boorgate op Bredasdorp verskaf ook water

Waterverbuik is egter hoog. Mense gaan nie spaarsamig te werk nie, en was hul motors met tuinslange, terwyl die besproeiing van tuine en rugbyvelde by die skole onverpoos voortgaan.

Ander damme in die streek se vlakke het ook heelwat gesak. Syfers van Elsenburg wys die vlakke van damme in die Swellendamstreek. Die syfer in hakies dui die watervlakke van einde-Januarie aan: Buffeljagsdam 75.4% (104%), Duivenhoksdam 77.3% (100.6%) en Korentepoortda m 85.2 % (100.5%). Elders: Bo - Steenbrasdam 92.9% (96.6%) en die Theewaterskloofdam 80.9% (95.8%).

Die reënval self was skraps in Februarie. Volgens syfers vrygestel deur Overberg Agri het Bredasdorp in Februarie maar 5mm reën gehad. Napier het 2mm gekry, terwyl Klipdale en Protem onderskeidelik 1mm en 3mm reën aangeteken het.

Swellendam het in Februarie 11.5mm aangeteken, aldus syfers vrygestel deur SentraalSuid Koöperasie. Riversdal het die meeste reënval gehad, met 39.5mm vir die maand, gevolg deur Albertinia met 22.5mm. Protem en Herold het elk 14mm gekry, en op Heidelberg en Karringsmelk het dit onderskeidelik 16mm en 18mm gereën. Op Ashton het 'n karige 7mm geval.

Mathabo le Roux

Spaar Water Asseblief!

Suidernuus / Southern Post

Suidernuus / Southern Post is a well-established Bredasdorp-based publishing and printing company that reaches thousands of readers, across 14 Overberg towns, each week. Other than publishing accurate local news and information, the publishing and printing company provides businesses with the opport...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Arniston
Read More

Other Articles

May 2025 Newsletter

May 2025 Newsletter

Here’s what’s been happening and what’s coming up for OGG members and friends.

Leadership Starts Within: The Power of EQ

Leadership Starts Within: The Power of EQ

Emotional intelligence transforms good leaders into great.  

Codependency Is Not Love

Codependency Is Not Love

You give, and give, and give… hoping that one day, it will be enough.

How to Love Without Losing Yourself

How to Love Without Losing Yourself

Somewhere along the way, you started believing that to love fully, you had to lose yourself.

Easy Tips to Choose the Best Interior Paint Colour

Easy Tips to Choose the Best Interior Paint Colour

Choosing the right interior paint colour can feel like a big task, but it doesn't have to be!

Cemcrete Countertops That Transform Your Kitchen

Cemcrete Countertops That Transform Your Kitchen

Looking for a countertop that does more than just look good?

See All Articles