Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Gansbaai Courant

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag, 17 September 2017 met ‘n geweide atmosfeer gevul.

7 kore in die Ring van Caledon het aan die Ring Korefees deelgeneem, waarna hulle as ‘n massakoor die byeenkoms afgesluit het.

Die organiseerder, Aletta Löchner, Gansbaai-koor se koorleidster, en haar helpers het verseker dat dit die beste korefees ooit was.

Aletta het ook as koorleidster vir die massakoor opgetree.

Die program het sonder onderbreking vlot verloop, met dr Lisel Joubert wat die verwelkoming en opening hanteer het en ds Willie Kotze wat die Bybelvoorlesings tussen die onderskeie items behartig het.

Die geleentheid is ingelei met orrelspel deur Winand Grundling van Stellenbosch. Winand is ‘n begaafde jong orrelis met verskeie nasionale en internasionale toekennings agter sy naam. Gedurende die verloop van die program het Winand verdere orrelitems gelewer, terwyl Helena van der Merwe, ‘n begaafde violis van Somerset-Wes, vir uitstaande solospel gesorg het – asook gekombineer met Winand se orrelspel.

Jack White, De Kelders se talentvolle trompetspeler, het toehoorders weer eens verras met sy talent.

Gansbaai kerkkoor het Jesus wat my siel bemin (Charles Wesley) en Hoe lieflik is U woninge (Chris Lambrecht) gesing, met Aletta Löchner as koorleidster en Annelene Reinke as begeleier.

Die Gansbaai Mannekoor het die Magaliesbergse Aandlied (GG Cillié) gesing.

Ander kerkkore wat deelgeneem het, is Grabouw, Hermanus, Kleinmond, Riviersonderend, Suidpunt en Villiersdorp.

Die hoogtepunt van die korefees was die massakoor (al 7 kore) se luisterryke optrede, met Aletta Löchner as koorleidster, begelei deur Winand Grundling (orrel) en Jack White (trompet).

Die massakoor se spesiale liedere was Hosanna (Niel van der Walt), Kerslied (John Knox Bolwe), Heil’ge Nag (Ernst A Dicks; Beardsleij; J van der Walt), Grote God (Pierre Malan; Kerneels Esterhuizen) en Stille Nag (Frans Grüber).

Die onderskeie kore is voor die aanvang van die korefees met ‘n middagete onthaal en na afloop van die geleentheid het die koorlede saam met vriende in die Pretoriussaal saam gekuier.

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant
My ma sou dit vir my gedoen het - Hugh-Daniel Grobler

My ma sou dit vir my gedoen het - Hugh-Daniel...

Gansbaai word gekenmerk deur ‘n gemeenskap wat saamstaan wanneer die nood druk.

Gansbaai Courant