Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Gansbaai Courant

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Vanjaar het die groep wat onder die vaandel van Gansbaai Toerisme gewerk het, besluit om op die dorp se strate te fokus.

Die groep van 39 vrywilligers is deur Doulene Els van Gansbaai Toerisme gewerf vanuit die geledere van White Shark Projects Volunteers, Cape United Project Soccer Team, La Pentola in Hermanus, asook 3 plaaslike inwoners.

Hulle het in kleiner groepe deur die dorp beweeg en elke groep het ‘n “rekordhouer” aangewys wat elke stukkie rommel aangeteken het wat opgetel is.

Binne 2 ure en ‘n paar straatblokke verder,  is 9 054 rommelstukke geoes.

Die groep se statistieke het soos volg gelees: 3 569 sigaretstompies, 438 eetgerei-artikels, 422 verskillende bottels en koeldrankblikkies en baie onhigiënies - 12 kondome en veel meer.

Altesaam 14 huishoudelike toerustingitems soos wasmasjiene, rekenaars en televisiestelle is ook aangeteken. Gansbaai Munisipaliteit het, soos altyd, hulle kant gebring en dié items gaan oplaai.

19 sakke met herwinbare items en 2 swart vullissakke met nie-herwinbare items is opgetel – met ‘n gesamentlike massa van 61kg.  Dit sluit nie die huishoudelike items in wat deur die munisipaliteit weggery is nie.

Doulene het die besonderhede, beskrywings en getalle, op die Ocean Conservancy se webtuiste aangeteken.

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant
My ma sou dit vir my gedoen het - Hugh-Daniel Grobler

My ma sou dit vir my gedoen het - Hugh-Daniel...

Gansbaai word gekenmerk deur ‘n gemeenskap wat saamstaan wanneer die nood druk.

Gansbaai Courant