Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

Gansbaai Courant

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017 vanuit haar hospitaalbed in die Louis Leipoldt Hospitaal haar duimpie in die lug gesteek sodat haar ma ‘n spesiale foto vir Gansbaai Courant kan neem om vir almal wat omgee te wys hoe goed dit met haar gaan.

Hierdie moedige dogtertjie van Japie en Madelein Swart is Sondag, 10 September wreedaardig deur hulle Rottweiler aangeval en het ernstige wonde en beserings rondom haar heup opgedoen.

Carli was Maandag, 18 September weer in die teater, vermoedelik om van die laaste oop wonde te spoel en te heg.

Met die ter perse gaan van hierdie berig, het Madelein gesê hulle is self nog onseker presies watter prosedures in die teater uitgevoer is. “Ons wag nog vir die chirurg om ons in te lig, maar dit is duidelik dat alles goed afgeloop het en ons moedige dogtertjie voel goed, lyk goed en haar gemoed is baie positief,” het Madelein gesê.

“Sy is tans onder medikasie vir pyn en is ook aan ‘n dreineringsmasjien gekoppel om onnodige bloed, wat dalk besmet kan wees, uit te suig.”

Carli is ‘n kranige perderuitertjie en was juis saam met die Rottweiler op pad na die perde waar die voorval plaasgevind het.

Jom Nel van Uilenkraalsmond se blitsige optrede nadat hy van die Kleinbaai-pad af gesien het wat gebeur, het sonder twyfel Carli se lewe gered. (Gansbaai Courant, Donderdag, 14 September 2017).

Sodra die wonde finaal geheg is, sal daar op Carli se heupbeen, wat hopelik slegs beperkte skade opgedoen het, gefokus word.

Haar beentjies is steeds in gips om stabiliteit rondom die heupbeen te verseker.

Moedige Carli wys 'duimpie op'

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant
My ma sou dit vir my gedoen het - Hugh-Daniel Grobler

My ma sou dit vir my gedoen het - Hugh-Daniel...

Gansbaai word gekenmerk deur ‘n gemeenskap wat saamstaan wanneer die nood druk.

Gansbaai Courant