Blog

LSG Kultuuraande

LSG Kultuuraande

Laerskool Gansbaai

LSG Kultuuraande 

Op Donderdag, 30 Oktober en Vrydag, 31 Oktober was dit weer tyd vir Laerskool Gansbaai se jaarlikse Kultuuraande, waar toppresteerders van vanjaar se Eisteddfods hul talente kon deel. Met die tema en storielyn, "Gansbaai gaan groot" as 'n deelnemer aan Kwêla se Dorp van die Jaar (storielyn geskryf deur juf Carina Brown), is die gehoor op reis geneem deur Gansbaai met verskeie tonele wat afgespeel het by o.a. Wimpy, Afrikanos, OK Foods, Vodacom, die strand, biblioteek, regdeur tot by 'n saaldiens van die skool. 

Met Marius Collins (Rian) as Kwêla-aanbieder , Esmé Collins (Lize) as fotograaf en Stefan Badenhorst as aankondiger op die planke, is LSG se kultuursluise oopgedraai en het die talente uitgestroom! Gedigte, dialoë, solosang, blokfluit, kitaar, klaviersolo's en duette, Gr 7-ensemble sanggroep, kooritems (met solis Jan-Dawid du Plessis, deskant Hanro Coetzer, dromspeler Mia de Klerk, kitaarspelers Stiaan Fourie & Krige Kotze as deel van begeleidingspan saam met Annatjie Smit), ConGrazia se Jnr- & Snr-balletgroepe, sowel as die Poco Musica-orkes, was dit 'n aand van uiteenlopendheid en genoeg humor!! 

Die aand is afgesluit met 'n pragvertoning deur die trompoppies o.l.v. (Sheene Kemp) wat vir die eerste keer in jare weer flinke LSG-voete deur die saal laat weerklink het !! 

Baie geluk aan een en elkeen - ons is opgewonde om die groeiende talent te volg!

LSG Kultuuraande

Laerskool Gansbaai

Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

INTERSKOLE 2026

INTERSKOLE 2026

Wat ’n GANSIE-oorwinning! 

Laerskool Gansbaai
INTERSKOLE 2026

INTERSKOLE 2026

Die groot dag is amper hier! 

Laerskool Gansbaai
120 JAAR LAERSKOOL GANSBAAI - FEESVIERINGE!

120 JAAR LAERSKOOL GANSBAAI - FEESVIERINGE!

Laerskool Gansbaai vier in 2026 ’n ongelooflike 120 jaar van geskiedenis, groei en gemeenskap!

Laerskool Gansbaai
Gansies (be)koor by Kalfiefees

Gansies (be)koor by Kalfiefees

'n Groepie van Laerskool Gansbaai se senior koorlede het ons harte van trots laat swel by Sondag se Kalfiefees. 

Laerskool Gansbaai
SKAAK - Anneke du Preez en Isabelle de Villiers

SKAAK - Anneke du Preez en Isabelle de Vill...

Trots op hierdie twee Gansies wat so oor naweke met hul talente woeker!!

Laerskool Gansbaai
Sterkte aan ons Gimnaste!

Sterkte aan ons Gimnaste!

Baie sterkte, ons hou duimvas en weet julle gaan ons trots maak!

Laerskool Gansbaai