120 JAAR VAN GLORIE-KONSERT
Wat ’n ongelooflike drie aande! Ons harte loop oor van dankbaarheid ná ons 120 Jaar van Glorie-konsert.
Op Saterdag 14 November het Worcester-Oos ons by Laerskool Gansbaai besoek as deel van hulle tennistoer.
Dit was 'n heerlike dag vol tennis, goeie sportmanskap en sommer baie pret, ten spyte van die wind wat ons behoorlik deurmekaar gewaai het!
Ons kinders het goed gevaar en dit was wonderlik om te sien hoe hulle die dag geniet het.
'n Groot dankie aan elke afrigter, ouer, oupa, ouma, boetie en sussie wat kom ondersteun het. Julle teenwoordigheid en ondersteuning het beslis bygedra tot 'n wonderlike dag en gehelp om ons tennisjaar op so 'n mooi noot af te sluit. Ons waardeer elkeen se betrokkenheid opreg!
Dit was dan ook ons laaste tennisgeleentheid vir die jaar.
Baie sterkte met die eksamens wat voorlê. Mag dit goed gaan met elkeen en mag julle harde werk vrugte afwerp!
Dankie vir 'n wonderlike tennisjaar!

Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreWat ’n ongelooflike drie aande! Ons harte loop oor van dankbaarheid ná ons 120 Jaar van Glorie-konsert.
Daniël de Villiers het van 6–8 November die Boland Plattelandspan verteenwoordig tydens die Inter-Distriktoernooi in Hermanus.
Op Dinsdag, 3 November 2026, het ons o.11- en o.13-krieketspanne ’n heerlike wedstryd teen Okkie Smuts gespeel!
Van ons Gansies het op Saterdag 31 Oktober aan die Curro Hermanus Spring Open Skaaktoernooi deelgeneem en besonder goed gevaar!
Lienke Otto skitter by haar heel eerste perdeskou!
'n Paar sitplekke is beskikbaar weens onvoorsiene kansellasies.