Daniël blink uit tydens Inter-Distriktoernoo...
Daniël de Villiers het van 6–8 November die Boland Plattelandspan verteenwoordig tydens die Inter-Distriktoernooi in Hermanus.
Wat ’n ongelooflike drie aande! Ons harte loop oor van dankbaarheid ná ons 120 Jaar van Glorie-konsert.
So ’n groot produksie is nie die werk van een persoon of groep nie, maar die resultaat van ’n hele Gansie-gemeenskap wat hande vat. Daarom wil ons uit ons harte dankie sê aan elke ouer, familielid, vriend en ondersteuner wat gehelp het om hierdie besondere geleentheid moontlik te maak.
• Dankie aan elke ouer wat gehelp het om leerders se pragtige kostuums en rekwisiete bymekaar te kry. Julle het ons verhoog laat skitter!
• Dankie aan die ouers wat ure ingesit het met die dekor en gehelp het om ons verhoog in iets besonders te omskep.
• Dankie aan die ouers en vriende van die skool wat deel van die konsert geword het – ons orkes, videograaf en almal agter die skerms. Julle bydrae was goud werd!
• Dankie vir julle ongelooflike ondersteuning! Al drie aande se kaartjies was UITVERKOOP! WOW! Julle het weereens gewys hoe trots julle op julle Gansies is.
• ’n Groot dankie aan die WOW-ouers en Tannie Elna wat met die snoepie gehelp het en elkeen wat ons snoepie so wonderlik ondersteun het.
• Dankie aan elke ouer wat gesorg het dat ons Gansies elke aand veilig by die konsert besorg en weer huis toe geneem is.
• En laastens, maar beslis nie die minste nie: ONS GANSIE-PERSONEEL! Dankie vir die harde werk, lang ure, kreatiwiteit, geduld, sweet en liefde wat julle in hierdie produksie gesit het. Drie onvergeetlike aande wat ons vir altyd sal koester!
Aan elkeen wat op een of ander manier bygedra het: ons sien julle, ons waardeer julle en ons is opreg dankbaar.
Dit is wat gebeur wanneer ’n gemeenskap saamstaan. Dit is Gansie-wees!
120 jaar se geskiedenis. Drie aande se herinneringe. Een groot Gansie-familie!
Volg die skakel vir die volledige foto-album.
Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreDaniël de Villiers het van 6–8 November die Boland Plattelandspan verteenwoordig tydens die Inter-Distriktoernooi in Hermanus.
Op Dinsdag, 3 November 2026, het ons o.11- en o.13-krieketspanne ’n heerlike wedstryd teen Okkie Smuts gespeel!
Van ons Gansies het op Saterdag 31 Oktober aan die Curro Hermanus Spring Open Skaaktoernooi deelgeneem en besonder goed gevaar!
Lienke Otto skitter by haar heel eerste perdeskou!
'n Paar sitplekke is beskikbaar weens onvoorsiene kansellasies.
Laerskool Gansbaai se o.11-krieketspan het op Maandag, 19 Oktober 2026, teen Gansbaai Primêr kragte gemeet.