INTERSKOLE 2026
Wat ’n GANSIE-oorwinning!
Vroeg Saterdagoggend het die bussies uit ’n nat en koue Gansbaai vertrek, op pad na Rûens Kollege. Nie net was dit die eerste wedstryde van die seisoen nie, maar ook ’n groot mylpaal vir ons o.7’s wat hul heel eerste wedstryde gespeel het.
Opgewonde gesiggies, dapper pogings en groot gees het die dag regtig spesiaal gemaak.
Dit was wonderlik om die entoesiasme en sportgees op die netbalbane en rugbyvelde te sien.
Baie dankie aan al die leerders, ouers en onderwysers wat saamgegaan en die dag so spesiaal gemaak het.
’n Spesiale dankie ook aan Rûens Kollege vir hul gasvryheid en die heerlike sportdag.
Ons sien uit na ’n opwindende seisoen wat voorlê!

Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreLaerskool Gansbaai vier in 2026 ’n ongelooflike 120 jaar van geskiedenis, groei en gemeenskap!
'n Groepie van Laerskool Gansbaai se senior koorlede het ons harte van trots laat swel by Sondag se Kalfiefees.
Trots op hierdie twee Gansies wat so oor naweke met hul talente woeker!!
Baie sterkte, ons hou duimvas en weet julle gaan ons trots maak!