GRAAD 2 | ONS PRAGTIGE LAND
Die afgelope twee weke het ons Graad 2-Gansies meer geleer oor ons pragtige land, Suid-Afrika!
Laerskool Gansbaai vs De Villiers Graaff
WAT ’N DAG!
Wat ’n GANSIE-oorwinning!
Baie dankie aan ons ouers en ondersteuners, ons spelers, dirigente en trompoppies vir die pragtige spel en optredes en aan elke Gansie wat gesing, gejuig en aangemoedig het!
Dankie aan ons WOW-mammas en -pappas, die helpers in die snoepie, ons personeel, afrigters, buite-afrigters en borge – julle harde werk, ondersteuning en toewyding het hierdie besonderse dag moontlik gemaak.
’n Spesiale dankie aan De Villiers Graaff wat die ompad gery het om deel te wees van hierdie besonderse dag. Dit was ’n voorreg om die dag saam met julle te deel.
Geluk aan De Villiers Graaff met julle wen van die Geesbeker 2026!
Julle was aan die brand en het die gees behoorlik laat vlamvat!
Geluk ook aan ons Gansies met die wen van die beker vir die skool met die meeste punte aangeteken, bereken volgens die deelname in skaak, landloop, rugby en netbal.
Ons het weereens bewys dat ons as EEN SPAN, EEN HART, en EEN GANSIE-FAMILIE die vermoë het om saam te staan, saam te werk en te doen wat gedoen moes word!
Aan al die Gansies: Sterkte met die assesserings wat voorlê!
Ons weet julle gaan ook hier wys wat in julle steek en dat julle met dieselfde Gansie-gees julle beste sal gee!
GANSIES, JULLE HET ONS TROTS GEMAAK!
Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreDie afgelope twee weke het ons Graad 2-Gansies meer geleer oor ons pragtige land, Suid-Afrika!
Daniël de Villiers het van Vrydag tot Sondag aan die TSA Winelands Lentetoernooi in Somerset-Wes en Stellenbosch deelgeneem.
Laerskool Gansbaai en Harbour on Deck slaan hande saam vir die Overberg Toy Run!
Baie geluk aan die hele Diamond Dancers-span!
Help ons om ’n stukkie geskiedenis vir die toekoms te bewaar!
Kom vier saam met LAERSKOOL GANSBAAI ons ongelooflike 120 jaar van geskiedenis, tradisie en egte Gansie-trots!