Nagmaal - naasteliefde

Nagmaal - naasteliefde

NG Kerk Gansbaai

In die teenwoordigheid van die nagmaalstafel wonder ek of ons nie soms ons kerkwees kompliseer nie. John Shea skryf ‘n kort beskrywing van kerk in die vroegste tye, naamlik:

Gather the people
Tell the Story
Break the Bread

Die gees van die gedeelte wil dit ook laat verstaan dat “break the bread” ook “share the bread” beteken. Dit is nie verniet dat in die formulier vir bevestiging van diakens daar staan “Die diaken se diens begin by die nagmaal waar die gemeenskap met Christus en die medegelowiges gevier word. Daarvandaan word die liefde en die barmhartigheid van God ook uitgedra na elke terrein van die gemeentelike lewe en die samelewing.”

Ek wil vanoggend by die middelste reël stilstaan. Tell the story. Enige verhaal het baie hoeke van waaruit jy dit kan vertel.

Begin. Daar was eendag ‘n man. Sy naam was Jesus. Die man het gesê as jy my gesien het het jy God gesien. As jy hoor wat my wil is dan weet jy wat God wil.
Wat wil God?
Lees Matteus 5: 43-48

Toe die man, Jesus aan die kruis hang, was Hy mense in hulle onkunde genadig en het Hy gesê: (Lukas 23: 34)
“Vader vergeef hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie”

Nadat Jesus gesterf het en sy volgelinge begin het om sy boodskap oor die wêreld te versprei het Paulus, wat self Jesus ontmoet het oppad na Damaskus, die inhoud van hierdie woorde so verwoord aan die gemeente in Korinte. Met die ryke gebruik van woorde soos dwaas en wys.

Lees: I Kor 1:18, 25
Die boodskap van die kruis is dwaasheid. Verkies die woord bo vertaling van ‘onsin’. Die Bybel is ryk aan kontras van wys en dwaas.

Dwaasheid. Stupidity. Moria/moroon. Of net naїef. Ek dink nogal as ons eerlik is, is dit miskien wat ons in ons hart voel oor die woorde van Jesus in die Bergrede (Matteus 5)
EK dink die teks in die Bybel of die opdrag van Jesus wat ons ons die minste aan steur of die maklikste wegregverdig is die opdrag dat ons  ons vyande moet liefhê.
Ek kan net hoor hoe tjirrrr ons breine en sê ons vir onsself, sjoe Hy het dit darem nie bedoel nie. Hy leef nie in ons tyd nie, dus sal hy nie weet waarvan Hy praat nie,
Actually was dit toe regtig. Gewoond aan opstande, gewoond aan Romeine wat Jode rye aaneen aan kruise vasspyker, gewoond aan ryk bolaag en mense met mag wat armes uitbuit.

In teenwoordigheid van die nagmaalstafel kom ons kyk weer na daardie opdrag. In die lig van geweld word dit bespreek. Geweld is wêreldse logika. Die kruis se skyn op geweld. As teenoorgestelde vandag van geweld wil ek voorhou as deernis.

Dit is een van die paradokse van Jesus se lewe, die simbole waarmee Hy geassosieer word. Krip/kruis.
Kruis was ‘n geweldadige manier van iemand om die lewe bring. Die slaan van iemand is geweldadig. Die ontvangs van houe. Die toneel is vol geweld, maar die toneel is uitroep teen geweld. Teen die seermaak van ander.
Dink daar is niks wat geweld so sigbaar maak en afgryslik maak as dit gerig is teen een wat dit nie verdien. Die skop van die hond, die deur die gesig slaan van ‘n kind, mishandeling. Almal op ons agterpote,
Maar deep down is geweld teen een wat self geweld gepleeg het heeltemal OK. Sy/haar verdiende loon. Kry wat sy/hy vra.
As ons eerlik is werk ons gedurig met ‘n vergeldingsmotief in ons agterkop. Dit is hoe ons politiek bedryf, hoe ons egskeidings hanteer, families opbreek. EK kry jou terug vir dit wat jy aan my gedoen het.

Ons werk met logika dat meeste goed wat gebeur is iemand se skuld.
Wat is geweld? Enige manier wat ek deur daad, woord, gedagtes iemand anders seermaak. Die skepping ook. 

Blatant, maar ook baie subtiel. Om die wêreld in te deel in ons en die ander, is ‘n vorm van geweld. Om party uit te skuif en ander in te trek volgens jou kriteria is ‘n vorm van geweld.

Dink dis wat Paulus bedoel het in sy brief aan Korinte. Dit is ‘n verskriklike kosmopolitaanse hawestad. Some made it, others didn’t. Waarsku dat logika/wysheid van jou kulturele en sosiale konteks met tyd so insyfer in liggaam van Christus dat dit die anderse wysheid wat ons geroep word om te leef bedek/obscure. Dan begin Kerkwees/gemeentewees hardloop op selfde riglyne en beginsels as enige ander instelling in die samelewing en verloor die roeping.

Liefde is ook ‘n moeilike woord.
In leefwêreld van Jesus se dag was liefde en haat nie bloot gevoelens goed wat jy in jou hart rondra nie, maar het te make met optrede teenoor ander person. Liefde beteken ek gun jou, besorg oor jou, sal meewerk tot jou guns.
Hoekom: Lief vervang met deernis. Sien die groter prentjie. Hoekom is hy hier. Deernis vervang nie geregtigheid nie, maak wel geregtigheid sinvol. Dis om die een wat klaar plat is nie platter te slaan nie. Te weet waar kom hy/sy vandaan. Om in Jesus se woorde ruimte te maak vir gebrek aan insig,

Vyande liefhê: Wat is ander manier van dit sê. Wees vol deernis en los geweld. Deernis en liefde haal nie die angel uit die seer nie, maar wil ons help om nie die ‘game’ te speel om weer terug seer te maak en ‘n aaklige siklus te begin nie.

Hoekom moet ek hart vol deernis hê?
Nie omdat Jesus sê ek moet nie
Nie om iets daaruit te verdien nie
Omdat ek insig kry in wie en hoe God is en ek smag om ook iets van dit te wees/word
Miskien is dit spontaan dat die Gees in my werk en ek meer soos God begin dink/kyk/hoor.
Seker omdat ek ook die ontvanger is van guns
Omdat ek begin kyk dat God groter is as my indeel van wêreld in goed en sleg, Hy laat dit immers reën oor slegtes en goeie

Sewende eeuse biskop Isak van Nineve skryf:
And what is a merciful heart? It is the heart’s burning for all creation, for human beings, for birds, for animals and even for demons. At the remembrance and at the sight of them, the merciful person’s eyes fill with tears which arise from the great compassion that urges their heart. It grows tender and cannot endure hearing or seeing any injury or slight sorrow to anything in creation. Because of this, such a person continually offers tearful prayer even for irrational animals and for the enemies of the truth and for all who harm it, that they may be guarded and forgiven.

Van buite kan nagmaal en kruis lyk na wrede simboliek. Eerder absolute uitroep teen geweld

In God is daar geen geweld. Mag ons ook groei al bots dit teen ons hele kultuur, ego, menslikheid, wêreldverstaan. Kom ons word dwaas en hê ons vyande lief


 

Nagmaal - naasteliefde

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Vir my is die lewe Christus en die sterwe wins

Vir my is die lewe Christus en die sterwe win...

Paulus roep die gelowiges op om ligdraers te wees in die wêreld . . .

NG Kerk Gansbaai
Onderlinge mededeelsaamheid

Onderlinge mededeelsaamheid

Niemand het sy goed net vir homself gehou nie, maar hulle het alles met mekaar gedeel. 

NG Kerk Gansbaai
Goeie Vrydag

Goeie Vrydag

My God, my God  waarom het u my verlaat?. . .

NG Kerk Gansbaai
Ernst Toerien

Sendingsondag

Om die Here te dien in Rusland, nou al vir 20 jaar, is seker nie een van die maklikste dinge nie

NG Kerk Gansbaai
Versoening

Versoening

Luther het gesê meegevoel met Jesus is kinderagtigheid. Nee, het hy gesê die regte emosie is geloofsekerheid

NG Kerk Gansbaai
Roeping en gewone lewe

Roeping en gewone lewe

. . . as die Here mense roep, hy sommige terugstuur in die gewone lewe in om daar as getuie vir die  Here op te tree, nie dat hulle voltyds soos die dissipels agter Hom sal aangaan nie. 

NG Kerk Gansbaai