Vir my is die lewe Christus en die sterwe wins

Vir my is die lewe Christus en die sterwe wins

NG Kerk Gansbaai

Teks: Fil. 1 vers 21

‘n Vrou wie se man, haar lewensmaat, gesterwe het, vertel hoe sy in haar routyd gereeld haar man se graf besoek het om daar stil te word.
Sy vertel hoe hierdie teks eendag daar by haar man se graf in ‘n heilige oomblik in haar hart en gedagtes opgekom het … soos ‘n stem wat met haar gepraat het.
En sy vertel hoe sy daar by die graf, met hierdie teks in haar hart en in haar gedagtes, ‘n gebed gebid het wat sy as “’n foundational prayer” beskryf: ‘n gebed waarmee God vir haar ‘n nuwe fundament gelê het waarop sy haar lewe kon voortbou.
Haar gebed: “Lord, how often I heard Bill testify: ‘for me life is Christ and death is gain’. Well, Your servant has now died, an untold loss for us, an unspeakable gain for him.
I know, Lord, that I too will die someday and enter that gain.
But right now, I am still alive.
I know I must not live in the past, precious as it is.
For me to live is You”.

In sy brief aan die Fillipense is Paulus se oproep aan die Fillipense tot blydskap, ‘n grondlyn in sy brief. Blydskap (“joy”). Herhaaldelik lees ons in die brief aan die Fillipense van blydskap. Vers 4 van hoofstuk 4 staan uit: “Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!’. (“Rejoice! Rejoyce!”).
Die merkwaardige hiervan is dit: dat Paulus sy brief aan die Fillipense geskryf het terwyl hy ‘n gevangene  in die tronk in Rome was – vasgeketting aan ‘n Romeinse soldaat.
Ja, daarvandaan, uit daardie posisie, uit daardie omstandigheid, roep Paulus die gelowiges in Fillipi op tot blydskap!.
Hy roep die gelowiges op om ligdraers te wees in die wêreld; om die woord van die lewe uit te dra; om lewens te leef wat die evangelie waardig is; om vir Christus met hulle lewens te verheerlik (“to magnify Christ”) – en LW: met blydskap!
In Fillipense vind ons hierdie aangrypende teks: “God het julle die voorreg gegee om vir Christus te dien, nie alleen deur in Hom te glo nie, maar ook deur vir Hom te ly”.
Ook hierdie bekende teks: “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee”.
En ook hierdie teks: “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus …”.

‘n Prediker neem ons teks en speel ‘n bietjie daarmee. Hy vee die woorde “Christus” en “wins” uit – en hy vra vir die gemeente om die spasies in te vul …
Vir my is die lewe …

Hy maak die punt dat Paulus die gelowiges aanmoedig om vir Christus die hoofsaak van hulle lewens te maak.

En dan vul die prediker die eerste spasie in die sin:
Vir my is die lewe rykdom/ besittings/ geld … en die sterwe om alles agter te laat …;
Vir my is die lewe mag,/invloed .. en die sterwe om alles te verloor …;
Vir my is die lewe roem … en die sterwe om vergeet te word …

“Vir my is die sterwe wins …”.
In ons dag en geslag is dit vreemde woorde.
Ons is deel van ‘n geslag wat so vas is aan hierdie lewe in liggaam en tyd; hierdie lewe in die hiernamaals …
Soveel van ons is totaal uitverkoop aan hierdie lewe.
Dit is opvallend hoe mense op siekbeddens se eerste antwoord op die vraag: “waarvoor moet ons vir jou bid?”, die antwoord is: vir genesing, vir gesondheid …; ja, bid vir my vir nog lewe HIER; vir nog tyd HIER; vir nog ‘n paar jaar HIER …
Soveel van ons leef in vrees vir die dood.
Soveel van ons treur dan ook by die sterwe van geliefdes soos mense wat geen hoop het nie.
O, hoe nodig het ons in ons dag en geslag om ‘n bevrydende perspektief op dood en sterwe te kry!

“Vir my is die sterwe wins …”.
Wat ‘n merkwaardige vrede het Paulus in hom gehad met betrekking tot die sterwe!
Hy het selfs na die sterwe uitgesien … daarna “verlang” (lees vers 22).
Paulus se “ok-ness” met sterwe; sy “calm courage”; meer nog: Paulus se “cheerfull willingness to die”.

Dit is merkwaardig dat hy hierdie woord vir sterwe gebruik: “om heen te gaan”. Hierdie “heengaan” “(departure”) dra hierdie aangrypende beeld: ontleen aan die wêreld van daardie tyd, en spesifiek ontleen uit die wêreld van die seemanne van daardie tyd. Dit is die woord wat gebruik is vir die skip wat anker optrek en losgemaak word in die hawe om te vertrek …

Ons vind hierdie woord “heengaan ook in ‘Paulus se brief aan Timoteus: “Ek word alreeds as ‘n drankoffer uitgegiet. Die tyd van heengaan is voor die deur. Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou. En nou wag die oorwinnaarskroon (die kroon van geregtigheid) vir my …”.

In die brief aan die Fillipense hoor ons ook vir Paulus se: “ek span my in om by die wenstreep te kom en die hemelse prys te behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus …”.

Wanneer laas het ons oor die hemel gemediteer?
Vir Paulus is hemel om by Christus te wees (vers 22); vir Paulus is “om by Christus te wees” hemel.

Vir Paulus om by Paulus se Christus te wees!
Die Christus van die grootste sondaar!
Die Christus wat vir ons liefgehad het en vir ons gesterf het toe ons nog swak was, sondaars was, vyande was!.
Om deur die poort van die sterwe by Hom te wees!

Slot: Van die bekende prediker Moody het ons die volgende woorde: “Soon you will read in the papers that Moody is dead. Don’t believe that for a moment; for in that moment I will be more alive than I have ever been!”.
Slot: Uit ‘n begrasfnispreek: “If God thinks there is still work for us to do, all the demons of hell and wicked men cannot end our lives!”.

                                     
 

Vir my is die lewe Christus en die sterwe wins

Dr Bobo van Zyl

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Onderlinge mededeelsaamheid

Onderlinge mededeelsaamheid

Niemand het sy goed net vir homself gehou nie, maar hulle het alles met mekaar gedeel. 

NG Kerk Gansbaai
Goeie Vrydag

Goeie Vrydag

My God, my God  waarom het u my verlaat?. . .

NG Kerk Gansbaai
Ernst Toerien

Sendingsondag

Om die Here te dien in Rusland, nou al vir 20 jaar, is seker nie een van die maklikste dinge nie

NG Kerk Gansbaai
Versoening

Versoening

Luther het gesê meegevoel met Jesus is kinderagtigheid. Nee, het hy gesê die regte emosie is geloofsekerheid

NG Kerk Gansbaai
Nagmaal - naasteliefde

Nagmaal - naasteliefde

Die boodskap van die kruis is dwaasheid. 

NG Kerk Gansbaai
Roeping en gewone lewe

Roeping en gewone lewe

. . . as die Here mense roep, hy sommige terugstuur in die gewone lewe in om daar as getuie vir die  Here op te tree, nie dat hulle voltyds soos die dissipels agter Hom sal aangaan nie. 

NG Kerk Gansbaai