Simeon en Anna en Baba Jesus

Simeon en Anna en Baba Jesus

NG Kerk Gansbaai

Maria en Josef het hulle babatjie Jesus genoem, net soos die engel ‘n paar maande tevore vir Josef gesê het.

Veertig dae later neem Maria en Josef die klein Jesus na die tempel in Jerusalem, n paar kilometer van Betlehem. Maria dra die seuntjie versigtig in haar arms terwyl hulle deur die besige strate stap en Josef loop voor. God het beveel dat die Joodse mense al die eersgebore seuntjies aan Hom moet wy. Marie en Josef het God gehoorsaam en die wydingseremonie gaan uitvoer.

‘n Regverdige man met die naam Simeon het in Jerusalem gewoon. Die Heilige Gees het vir hom gesê dat hy die Messias, die Verlosserkoning wat God lank tevore beloof het, sou sien voordat hy sterf. Daardie dag sê die Gees vir Simeon om na die tempelhof toe te gaan. Daar sien hy ‘n jong paartjie met ‘n babatjie. Met ‘n hart wat spring van vreugde loopSimeon na hulle toe. Hy het Maria seker verras, want hy neem die babatjie in sy arms. “Here, U het U belofte aan my nagekom, en nou kan ek in vrede sterf. Hierdie kindjie is U verlossing vir die mense van Israel en vir die res van die wêreld.”

Maria en Josef was verbaas oor Simeon se woorde. Toe Simeon die klein Jesus aan Maria teruggee, sê hy vir haar: “ Hierdie kind het ’n spesiale roeping. Baie mense sal deur Hom verander word, maar sy lewe sal vir jou moeilik wees.”

Toe seën Simeon vir Maria en Josef. Net toe Simeon klaar is, kom n profetes met die naam Anna na hulle toe en dank God vir die babaseuntjie.
Baie mense het uigesien na die verlossing van Jerusalem en Anna het hulle alles van die spesiale babaseuntjie vertel.  (Bron: Bybel vir Kleingoed)

Simeon en Anna en Baba Jesus

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

NGK Gansbaai Webblad

NGK Gansbaai Webblad

Gedurende Oktober 2013 is ‘n “Proud Community Member” sertifikaat aan die NG Kerk Gansbaai oorhandig deur Candice Lombard, die Gansbaai Explore Gemeenskaps Bestuurder

NG Kerk Gansbaai
Gesins en Jeugbediening 2013

Gesins en Jeugbediening 2013

In 'n oogwink is nog 'n jaar verby - nog 'n jaar waarop ons met dankbaarheid kan terugkyk en ons Hemelse Vader eer vir al sy liefde en genade aan ons as mense bewys.  

NG Kerk Gansbaai
Vir die Jongspan :  die Kersverhaal

Vir die Jongspan : die Kersverhaal

Lank, lank gelede, voor daar  nog motors en vliegtuie was, het Josef en Maria na Betlehem gereis. Hulle het net ‘n donkie gehad waarop Maria kon ry as sy te moeg geraak het. Dan het Josef die donkie gelei.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

In afwagting om 'n ware Christusfees te vier, kon ons op Sondag 24 November 2013 deel wees van  die Kerssangdiens, wat die regte gees van Kersfees in ons harte laat ontwaak het.  

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Die NG gemeentelede van Baardskeerdersbos reël jaarliks ‘n Skaapkop-ete waartydens hulle saam met vriende en besoekers gesellig verkeer. 

NG Kerk Gansbaai
Nuwe Kerkraadslede 2014

Nuwe Kerkraadslede 2014

So kort voor die einde van 2013 was dit weer tyd om nuwe kerkraadslede in ons gemeente in hul onderskeie ampte te bevestig, maar ook om diegene wat eers afgaan vir ‘n ruskans, te groet.  

NG Kerk Gansbaai