Vir die Jongspan : die Kersverhaal

Vir die Jongspan :  die Kersverhaal

NG Kerk Gansbaai

Lank, lank gelede, voor daar  nog motors en vliegtuie was, het Josef en Maria na Betlehem gereis. Hulle het net ‘n donkie gehad waarop Maria kon ry as sy te moeg geraak het. Dan het Josef die donkie gelei.

Maria moes binnekort ‘n babatjie hê; daarom het Josef haar baie mooi opgepas. Toe hulle in Betlehem kom, het hulle na blyplek gesoek. Hulle kon nie vooraf plek bespreek nie, want onthou, daar was nog nie telefone nie. Hulle was ook baie arm. Na baie rond-soek, het hulle ‘n slaapplekkie in ‘n stal waar diere geslaap het, gekry.

Daardie nag is Maria se baba gebore - in die stal. Daar was nog nie ambulanse, dokters en hospitale nie. Net Josef was daar om haar te help. Dit het hy met liefde gedoen. Hulle het nie kleertjies vir die Baba gehad nie. Hulle moes Hom in doeke toedraai. Die krip waaruit die diere gevreet het, was die Baba se bedjie. Daar het hulle Hom neergelê en lekker warm toegemaak. Die diere het nie omgegee dat hulle van hulle strooi gebruik om die baba se bedjie mee warm te maak nie. Selfs die diere het geweet dat hierdie Baba baie spesiale was.

Maria en Josef het ook geweet dat hierdie Baba baie spesiaal is. ‘n Engel het aan Maria verskyn nog voor hulle na Betlehem gereis het en haar vertel dat haar baba spesiaal is. Hy was die Verlosser wat God belowe het Hy sou na die aarde stuur. Die engel het ook aan Maria gesê dat hulle die Kindjie Jesus moes noem. Dit het hulle toe ook gedoen.

Terwyl hulle nog daar was, het hulle besoekers gekry. Skaapwagters wat daar naby skape opgepas het, het ook ‘n boodskap van ‘n engel gekry dat die spesiale Baba gebore is. Hy het hulle die pad gewys tot by die stal waar die Kindjie was. Wat ‘n wonderlike selfoondiens en GPS was die engel nie! Die skaapwagters was baie bly en het vrolike liedere vir Maria en Josef en die Kindjie gesing.

Maria en Josef het ook besoek ontvang van belangrike, slim manne. Hierdie manne het ‘n nuwe ster in die hemel gesien wat die geboorte van ‘n Koning aangekondig het. Hulle het die ster gevolg tot by die stal waar hulle die Kindjie gekry het. Hulle het pragtige geskenke saamgebring en so eer aan die Kindjie bewys.

Die geboorte van Jesus en sy lewe op aarde  is God se geskenk aan die mense op aarde. Ons vier elke jaar sy verjaardag op Kersfees. Dan gee ons geskenke aan mekaar om ons te herinner aan God se groot geskenk aan ons, so baie, baie lank gelede.

Vir die Jongspan :  die Kersverhaal

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Simeon en Anna en Baba Jesus

Simeon en Anna en Baba Jesus

Maria en Josef het hulle babatjie Jesus genoem, net soos die engel ‘n paar maande tevore vir Josef gesê het.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Webblad

NGK Gansbaai Webblad

Gedurende Oktober 2013 is ‘n “Proud Community Member” sertifikaat aan die NG Kerk Gansbaai oorhandig deur Candice Lombard, die Gansbaai Explore Gemeenskaps Bestuurder

NG Kerk Gansbaai
Gesins en Jeugbediening 2013

Gesins en Jeugbediening 2013

In 'n oogwink is nog 'n jaar verby - nog 'n jaar waarop ons met dankbaarheid kan terugkyk en ons Hemelse Vader eer vir al sy liefde en genade aan ons as mense bewys.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

In afwagting om 'n ware Christusfees te vier, kon ons op Sondag 24 November 2013 deel wees van  die Kerssangdiens, wat die regte gees van Kersfees in ons harte laat ontwaak het.  

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Die NG gemeentelede van Baardskeerdersbos reël jaarliks ‘n Skaapkop-ete waartydens hulle saam met vriende en besoekers gesellig verkeer. 

NG Kerk Gansbaai
Nuwe Kerkraadslede 2014

Nuwe Kerkraadslede 2014

So kort voor die einde van 2013 was dit weer tyd om nuwe kerkraadslede in ons gemeente in hul onderskeie ampte te bevestig, maar ook om diegene wat eers afgaan vir ‘n ruskans, te groet.  

NG Kerk Gansbaai