Gesins en Jeugbediening 2013

Gesins en Jeugbediening 2013

NG Kerk Gansbaai

In 'n oogwink is nog 'n jaar verby - nog 'n jaar waarop ons met dankbaarheid kan terugkyk en ons Hemelse Vader eer vir al sy liefde en genade aan ons as mense bewys.

Vir ons gesinne en kinders het die jaar afgeskop met die aanvang van gesinsdienste in die saal en hierdie eredienste word met groot entoesiasme ervaar. Kategeseklasse is deur 'n toegewyde span kategete aangebied en is ons bly om te kan meedeel dat dieselfde groep aangaan met hul klasse vir volgende jaar.

'n Ander hoogtepunt was die aanbieding van die eerste Jeug-basaar op 4 Oktober. Gepaste woorde om die betrokkenheid en geesdrif van sowel ouers as die kinders te beskryf, ontbreek, maar almal is dit eens dat daar klaar uitgesien word na die basaar van 2014.

Deur die jaar was daar verskeie aktiwiteite - Vrugte-fees te Strandskloof en kampe by Uilenes en Uylen-vlei - was almal wonderlike, opbouende geleenthede vir ons as kategete, ons kinders en hul ouers.

Vir die nuwe jaar word beplan om 'n nuwe baadjie vir die vrugtefees aan te trek deur dit te kombineer met 'n gesinskamp die naweek van 24 tot 26 Januarie 2014 en  ouers sal betyds verdere inligting hieroor ontvang.

Ons Kommissie Gesins-en Jeugbediening wens elkeen die beste wense vir 'n gelukkige vakansie en Kerstyd toe .

Gesins en Jeugbediening 2013

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Simeon en Anna en Baba Jesus

Simeon en Anna en Baba Jesus

Maria en Josef het hulle babatjie Jesus genoem, net soos die engel ‘n paar maande tevore vir Josef gesê het.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Webblad

NGK Gansbaai Webblad

Gedurende Oktober 2013 is ‘n “Proud Community Member” sertifikaat aan die NG Kerk Gansbaai oorhandig deur Candice Lombard, die Gansbaai Explore Gemeenskaps Bestuurder

NG Kerk Gansbaai
Vir die Jongspan :  die Kersverhaal

Vir die Jongspan : die Kersverhaal

Lank, lank gelede, voor daar  nog motors en vliegtuie was, het Josef en Maria na Betlehem gereis. Hulle het net ‘n donkie gehad waarop Maria kon ry as sy te moeg geraak het. Dan het Josef die donkie gelei.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

In afwagting om 'n ware Christusfees te vier, kon ons op Sondag 24 November 2013 deel wees van  die Kerssangdiens, wat die regte gees van Kersfees in ons harte laat ontwaak het.  

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Die NG gemeentelede van Baardskeerdersbos reël jaarliks ‘n Skaapkop-ete waartydens hulle saam met vriende en besoekers gesellig verkeer. 

NG Kerk Gansbaai
Nuwe Kerkraadslede 2014

Nuwe Kerkraadslede 2014

So kort voor die einde van 2013 was dit weer tyd om nuwe kerkraadslede in ons gemeente in hul onderskeie ampte te bevestig, maar ook om diegene wat eers afgaan vir ‘n ruskans, te groet.  

NG Kerk Gansbaai