Jammerte oor Rooikat

Jammerte oor Rooikat

Gansbaai Courant

Thys Fourie was beslis die draer van slegte nuus toe hy op Dinsdag, 29 Desember 2014 die nuus van ‘n dooie rooikat aan Gansbaai Courant oorgedra het. “Die rooikat is waarskynlik vroeg vanoggend deur ‘n voertuig raakgery, aangesien daar nog vars bloed by sy kop was,” het Thys gesê. Die rooikat is op die nuut-oopgestelde Kleinbaai/Franskraal teerpad teen die laaste opdraende raakgery en is vermoedelik teen die kop getref. Wat ‘n groot jammerte! Niks kan aan ‘n bona fide ongeluk gedoen word nie, maar besoekers en inwoners moet maar te alle tye bedag wees op hierdie omgewing se kosbare dierelewe, skilpaaie, fisante en ander diere. Welliswaar sal almal moontlik nie saamstem nie, aangesien etlike huiskatte se verdwyning moontlik met rooikatte se teenwoordigheid te make het. Feit bly staan, dis ‘n wilde spesie wat bewaar moet word om hulle van uitwissing te red. Die rooikat wat in Oos-, Sentraal- en Suid-Afrika voorkom, is die Felis caracal en is ‘n soogdier en ‘n karnivoor. Daar is 36 wildekatspesies in die wêreld, met 3 hoofgroepe in die katfamilie: groot katte (Panthera), jagluiperd (Acinonyx) en kleiner katte (Felis). Die rooikat is lid van die felis-groep en is verwant aan die Felis Serval (tierboskat). Rooikatte word as een van die mooiste wildekatte beskou en word aan sy rooibruin (taankleurige) pels en lang swart haartossels aan die punte van sy gepunte ore en kort dik stert herken. Hulle skouerhoogte is tussen 40cm en 45cm, met die volwasse mannetjie wat 17kg kan weeg en die wyfie 11,5kg. Die rooikat is soepel en kragtig gebou met lang bobene en skerp intrekbare kloue. Die gesig van die rooikat word belyn deur 'n swart streep wat vertikaal deur elke oog loop en deur sy wit ken en swart bolip, met wit merke op sy keel, ken en maag. Die agterpote is heelwat langer as die voorpote. Hulle het ‘n lewensverwagting van 15 jaar terwyl 'n rooikat in aanhouding tot 17 jaar oud kan word.

Hardus Botha

Jammerte oor Rooikat

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant