Langafstand Kwiltwerk

Langafstand Kwiltwerk

Gansbaai Courant

Vele is al oor Gansbaai se kwilters geskryf - Gansbaai Kwiltgroep, Pearly Beach Kwiltgroep, Overberg Kwilters en die Wacky Whalers - maar nog nooit oor “langafstand” kwiltwerk nie.

Twee Wacky Whalers, Suzette Reynecke en Alda Rowan het met dié projek begin. Hierdie projek staan bekend as die Pan-Africa Friendship Quilt Challenge 2016. Dit kom neer op ‘n “Tweeling” vir elke kwilter in ‘n Afrika-land. Suzette se “Tweeling” is in Nairobie, Kenia en Alda se “Tweeling” is in ‘n dorp in Zambië. Die SA deelnemers maak ‘n blok, nie kleiner as 12 duim en nie groter as 24 duim nie. Die blok word via die Kaap Goeie Hoop Kwilters aan die “Tweeling” in die Afrika-land gestuur, wat ‘n rand daarom werk. Dit word op dieselfde wyse teruggestuur vir die Suid-Afrikaanse “Tweeling”.

Gedurende die proses moet pogings aangewend word om via e-pos of ander sosiale netwerke kontak met die ander “Tweeling” te behou. Daar kan dan oor die kwilt, die patroon, wedersydse wenke en dies meer gesels word. Die volledige kwilt moet tussen November en middel September gereed wees. Daarna word die kwilts gedurende die daaropvolgende jaar by die jaarlikse Fynbos Kwiltuitstalling in die Kaap uitgestal. Dan is Suzette en Alda ook druk aan die gang met ‘n interessante 365-dae uitdaging. Nog Wacky Whalers, Yvonne Joubert, Adri Wessels, Rika Hoffmann en Marianna Meyer, asook ander lede, het te kenne gegee dat hulle ook in die projek belangstel. “Ons moet elke dag van die jaar (365 dae) ‘n blokkie finaliseer, nie kleiner as 3x3 duim en nie groter as 6x6 duim nie,” vertel Suzette.

‘n Patroon vir elke blokkie vir elke dag word van die internet afgetrek. Elke dag se blokkie word dan tot aan die einde van die jaar veilig bewaar. Na afloop van die 365 dae word die blokkies aanmekaar gewerk en aan die begin van die volgende jaar is die kwilt voltooi. “Ons het die idee op internet gesien en dit het ons belangstelling geprikkel,” sê Suzette.

Hardus Botha

Langafstand Kwiltwerk

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant