Vuur en water, lewe en dood!

Vuur en water, lewe en dood!

Gansbaai Courant

“U het ons deur mense laat vertrap, ons het deur vuur en water gegaan; maar toe het U ons uitgelei na oorvloed toe.” (Ps. 66:12)

Die verwoestende brande in ons omgewing die afgelope maand het ’n mens weer onder die besef laat kom van hoe maklik die natuur en sy skoonheid in ’n oomblik vernietig kan word deur menslike dwaasheid. ’n Klein vuurtjie steek ’n groot bos aan die brand. Maar terselfdertyd het ons ook gesien hoe water daardie vure kan uitblus. Water en vuur. Twee teenoorgesteldes. Lewe en dood. Blydskap en hartseer. Gelukkige huwelike en ongelukkige egskeidings. Ja, die lewe is elke dag gevul met  teenoorgesteldes, opponerende kragte. Waar laat dit jou en my, hoe beïnvloed dit ons verhouding met GOD, met ander en met onsself?

In Psalm 66 (lees dit asseblief volledig!) prys die digter GOD vir Sy grootheid en ontsagwekkende werk. GOD gee lewe in oorvloed aan die eenkant maar louter ons soos silwer aan die ander kant. Ons word deur mense vertrap, ons gaan deur water en vuur en dan lei GOD ons weer deur alles na oorvloed toe (Ps. 66:12). Ja, in hierdie lewe ervaar ons dikwels blydskap oor dinge wat rondom ons gebeur en daar is ’n lied in ons hart oor die liefde wat ons saam met ons gesin ervaar. Prys die HERE! Ja, loof Hom vir alles wat jy as seëninge ervaar!

Maar netso kan jy op dieselfde dag weer platgeslaan word deur die nuus van ’n vriend wat kanker het of ’n kind se lewe wat verwoes is deur drank en dwelms. ’n Huwelik wat nog in die oggend vol vreugde was kan die aand aan skerwe lê as gevolg van afbrekende woorde. Wat nou? Prys die HERE! Ja, loof Hom ook in die moeilike tye terwyl onverstaanbare dinge gebeur! Hoe kan ek dit sê? Hoe is dit moontlik om GOD te prys oor slegte dinge? Omdat die Woord van GOD my dit leer! GOD bly in beheer. Hy regeer. “Skaars het ek na Hom geroep, of daar was reeds 'n loflied op my lippe.” (Ps. 66:17)  Dis reg, geliefde van die HERE, jy moet GOD in alles prys. As dit goed gaan, verseker ja, maar as die swaar tye kom en jy moedeloos word – begin om die HERE te prys! Loof Hom vir die onverstaanbare dinge van die lewe – en daar sal ‘n rustigheid in jou gemoed kom en jy sal met nuwe krag elke struikelblok kan aanpak.

Vuur en water. Lewe en dood. Alles is onder GOD se Almag en beheer. Ons hoef nie alles in die lewe te verstaan nie. Ons moet net aanhou bly om GOD te prys. Ons oë bly die heeltyd gerig op die einddoel – die ewige lewe wat in Jesus begin en eindig. Ons is alreeds oorwinnaars en al gaan ons deur water en vuur (Jes. 43:1-4) – vir GOD is ons kosbaar en NIKS kan ons uit Sy hand ruk nie!

(Rom. 8:31-39) Maak sommer nou tyd om die HERE te loof en prys vir alles wat in jou lewe gebeur!  Prys die HERE!

Vuur en water, lewe en dood!

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant