Plaasmark Tops

Plaasmark Tops

Gansbaai Courant

Baardskeerdersbos se Boere-Plaasmark inisiatief werp behoorliik vrugte af. “Die B’Bos Plaasmark se paadjie het begin met Westbury Speciality Feeds se boeremark op Vrydae in die industriele gebied,” vertel Betsie Flippers van B’Bos. “Ons het ‘n mark daar begin, aangesien die B’Bos pad nie baie toeganklik was nie, maar met die nuwe pad kon ons die mark skuif, wat dit meer van ‘n ware plaasmark in B’Bos maak.”

Die mark word in die Landbouvereniging van B’Bos se saal bedryf. Die uitstallers was aanvanklik boervroue van die omgewing, maar die hulp van Gansbaaiers wat “lekker goedjies” maak, is bygebring. Die boervroue bring plaasprodukte na die gesamentlike tafel wat ook al in seisoen is en verkoop dit teen baie bekostigbare pryse. “Ons het ook ‘n boervrou van Wolvengat wat heerlike botter, yogurt en mozarella-kaas maak en Hannie Schoeman se kweperprodukte is altyd ‘n wenner,” sê Betsie.

Sy vertel dat Riaan Jacobs, ook voorsitter van Gansbaai Fotografieklub, se besonderse foto’s op hulle Facebook-blad geplaas word. “Daar word almal op hoogte van ons marksake en produkte gehou,” vertel sy. Frans en Sharon sorg vir heerlike samoosas, worsrolle, springrolls en dies meer sodat almal vroegsoggens iets te ete kan kry, so saam met stomende koffie van die koffie-waentjie. Dan is daar ook pasteie, soet en sout eetgoed van Napier af. Met elke mark word vars pannekoeke gebak en kontreikos verkoop, soos waterblommetjie-bredie, afval, vispotjie en veel meer. “Die mark is altyd 'n groot feestelikheid en almal kuier heerlik onder die bome,” sê sy. “Daar is ook varsgebakte brode van verskillende soorte wat natuurlik saam met die plaasbotter 'n wenner is, maar as jy nie op die laatste om 09:00 jou inkopies kom doen nie, is 10:00 dalkies te laat!”

Bettie sê George Otto het haar “uit die niet” gekontak en gevra of hy sy handewerk kan kom uitstal. “Dit is werklik besonders en ons is baie dankbaar hy is nou deel van ons mark,” het sy gesê.

Betsie kan by 083-655-5545 geskakel word en haar e-posadres is betsie@westburyfeeds.co.za.

Hardus Botha

Plaasmark Tops

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant