Toerisme se Doulene Noodhulpgereed

Toerisme se Doulene Noodhulpgereed

Gansbaai Courant

Doulene Els, een van Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme se regterhande, het uitstekend met haar Noodhulpkursus November verlede jaar gedoen.

Dit was ‘n 3-daagse Vlak 1 Noodhulpkursus wat deur Chantelle Carstens van Overstrand Medical Response aangebied is. Die kursus is dié van Transvaal Training Academy. Wat Doulene se welverdiende sertifikaat nog meer besonders maak, is die feit dat sy vol punte vir haar teorie en prakties gekry het. Verseker kan besoekers veilig voel wanneer hulle nou by Gansbaai Toerisme instap. Daar was 8 kursusgangers vanuit die geledere van Gansbaai Toerisme, Marine Dynamics, die Great White House, White Shark Projects, Saxon Lodge, Whale Song Lodge en African Horse Company. “My volgende noodhulp-doelwit is die Vlak 2 kursus wat aangebied gaan word,” sê Doulene. Intussen bewys Gansbaai Toerisme met hul projekte en programme dat hulle die Goue Toekenning as Best Responsible Tourism Destination in the World verdien het.

“Besoekers en vakansiegangers gedurende die feesseisoen moes oral van die toekenning kennis geneem het, aangesien ons vele besoeke van gelukwensing ontvang het,” vertel Glenda. “Hulle het ook oor die prestasie gesprekgevoer en wou meer daarvan te hore kom.” Glenda het, na aanleiding van genoemde toekenning, ‘n uitnodiging van Heidi van der Watt van Better Tourism Africa, ontvang:

“As a winner of an African Responsible Tourism Award in 2015, we would like to invite you to take part in the People’s Choice category for the 2016 awards.” Vanselfsprekend is die uitnodiging as ‘n uitdaging aanvaar. Glenda wys lesers nou reeds op die sanger, Rouel Beukes se volgende besoek aan Gansbaai op 2 Maart. Rouel sal weer in die Pretoriussaal optree en verdere inligting kan by Gansbaai Toerisme verkry word.

Gansbaai se vriendelike en kundige personeel kan by 028-384-1439 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan hulle by gansbaaiinfo@telkomsa.net. (Webtuiste: gansbaaiinfo.com)

Hardus Botha

Toerisme se Doulene Noodhulpgereed

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant