Gansbaai Courant

Blog: Pearly Hengelnuus (28 Jan 2016)

Published: 28 January 2016
By:Philip Fourie

Pearly Beach Hengelklub het Saterdag 23/01/16 hulle eerste kompetisie van die jaar gehou en dit sommer op 'n hoë noot afgeskop. 

66 Hengelaars het deelgeneem. 26 Hengelaars het vis ingeweeg met 'n totale gewig van 140.55 kg. 42 Kabeljoue, 2 Steenbrasse , 2 Hangbergers en 1 Elf is gevang. Eerste was Johan de Kock wie 5 kabeljoue ingeweeg het wat aan hom die swaarste sak vis van 25.15 kg asook die grootste kabeljou van 11.61kg besorg het. 2de was Brandon Myburg met 5 Kabeljoue en totale gewig van 13.75 kg. 3de plek Gert Grove. 4de plek Francois Munnik. 5de plek Rossouw Munnik en die Senior wenner was Fanie du Toit.

Ons volgende kompetisie is op 20 Februarie. Enigeen wat belangstel om lid te word van die klub of om deel te neem aan kompetisies as gashengelaar kan my gerus kontak by 076 069 6815. Stywe lyne hengelgroete,

Philip Fourie, Pearly Beach Hengelklub Kaptein

Recent Posts

DAFF konfiskeer 2 ru...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

Na aanleiding van die gereelde klagtes rakende per...

A huge welcome to ou...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

The Mammal Research Institute Whale Unit conducted...

James Roux se dood '...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

‘n Bekende eiendomsagent James Roux van Gans...

Hulle stap vir verlo...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

Twee ware Dapper Stappers, Tommy Beeslaar (48) en ...