Gaan die vis “weg”?

Gaan die vis “weg”?

Gansbaai Courant

In die laaste week of so was die vis “weg”. Weg? Nee, ek glo nie. Sover ek weet is daar nog nooit wetenskaplik bepaal of  vis wel gee pad en dan weer terugkom nie. Ek dink wel dis korrek indien daar van snoek of makriel gepraat word. En dalk ook geelbek. Maar indien ons verwys na hotties, roman en so aan, lyk die storie vir my bietjie anders. Die haaie, so is die aanname, het dalk ook gee pad en ons weet almal dit gebeur nie sommer nie.

Met die seetemperatuur wat gewissel het van ‘n hoë 18 grade na onder 9 is dit te verstane dat dinge nie normaal sal wees nie. Daar is manne wat sê hulle weet  --  die vis kry ook koud en kan nie hulle bekke behoorlik oopmaak nie. So is ek ook maar al die jare geleer. Dit maak nogal sin, maar weer eens, is dit werklik so? ‘n Hengelaar wat omtrent altyd goed vaar sê dit is so, want in koue water gebruik hy kleiner ase om te kompenseer vir die visse wat nie hulle bekke kan oopmaak nie, en dan is hy baie suksesvoller as die ou wat steeds sy ase normaal hou. Hy het dalk ‘n punt beet.

Ons weet ook van die kabeljou wat gee pad dieper water toe wanneer die water rowwer en kouer raak. Maar gee hulle pád?

Toe die kreefnette laat sak was het daar nogal baie hotties tussen die kreef beland. Boonop het die visvinder heelwat vis aangedui, wat maar net nie wou byt nie. So hulle was maar hier rond  --  maar daai bekke! ‘n Ander eienaardigheid is dat, al wil die vis nie byt nie, daar gewoonlik ‘n kolletjie is waar jy wel vis sal kry. Hoekom net op daardie plekkie?   Daar is dalk’n grot of twee onder die water of ‘n riffie of so iets wat ‘n verskil maak.

Dis ‘n feit dat die weer die seewater beinvloed en ook hoe die vis reageer. Suidoos vir die kabeljou en ‘n (suid)westewind vir die geelbek is ‘n voorbeeld hiervan. Hoe goed die wind vir ‘n besonderse vis is hang ook maar af van die tydsduur daarvan. Te veel van ‘n goeie ding is tog nie so goed nie en dit was nog altyd waar. Dis hoeka nou tyd vir ‘n verandering van oostewind na iets anders. Selfs ‘n ligte storm behoort ‘n verskil te maak.

Nou ja, daar word ‘n paar mooi kabeljou gevang, en hier is die amperbootjies koning, maar so sal dit nie vir baie langer aanhou nie. Goed of sleg? Dit hang af. Die tjokka wat so nou en dan gevang word is ook baie welkom.

Groete, Seemeeu

Gaan die vis “weg”?

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant