Fratsongeluk eis byna 2 lewens

Fratsongeluk eis byna 2 lewens

Gansbaai Courant

 “Indien ek op die voorste sitplek agter die stuurwiel van my Land Rover met die veiligheidsgordel vasgegespe was, bestaan daar geen twyfel dat my kop afgeruk sou gewees het nie,” vertel Jacie Joubert (51). “Ek is ‘n gelowige mens en ek glo die Here se genade het myself en my bemanningslid se lewens gered en daarvoor gesorg dat ek slegs geringe inwendige beserings opgedoen het en my bemanningslid ongedeerd daarvan afgekom het.”

Jacie het op Vrydag, 29 Januarie 2016 uit die Kaap vertrek op pad na Struisbaai, via Gansbaai. Hy het ‘n groot sleepwa met ‘n 8.8m (28vt) boot daarop met sy Land Rover gesleep. “Ek het kort voor die ongeluk nog na die spoedmeter gekyk en dit was so tussen 70- en 75 kilometer per uur toe ek die bult en draai naby die Grootbos-afrit genader het,” vertel Jacie. “Die volgende oomblik het ek net gevoel die sleepwa ruk en die Land Rover het ‘n 90 grade swaai gemaak sodat ek terug gekyk het vanwaar ek gekom het.” Sy opmerking ná die tyd was dat hy in ‘n breukdeel van ‘n sekonde besef het ‘n 4-tonner (die boot) stoot ‘n 2-tonner (die Land Rover)! Jacie is vanaf die bestuurderssitplek na die agterste sitplek van die Land Rover, as gevolg van die impak van die ongeluk, geslinger. Volgens hom moes alles binne die bestek van sowat 20 sekondes gebeur het, waarna alles verby was. Net een van sy bemanningslede was saam met hom in die Land Rover, wat wonder bo wonder ongedeerd daarvan afgekom het. Jacie self het slegs geringe inwendige beserings opgedoen. Die res van sy bemanningslede het agter hom in ‘n ander voertuig gery en gelukkig was daar geen ander voertuie op daardie stadium op die pad nie. Na afloop van die ongeluk het dit geblyk dat die oorsaak daarvan sonder twyfel net meganies van aard was, wat in die agterste regterwiel van die Land Rover ontstaan het. Die Land Rover is baie ernstig beskadig, met die dak wat in geheel summier afgeruk is.

Die sleepwa is in geheel afgeskryf en die boot het ernstige skade opgedoen, maar die enjines is gelukkig minder ernstig beskadig.

“Dat nie een van hulle ernstige beseer of dood is nie, is sonder twyfel ‘n wonderwerk,” het Jacie se swaer van Gansbaai, Koos Steenkamp, gesê. “Behalwe vir die Land Rover se dak wat met soveel geweld afgeruk is, is dit ook so dat aluminium en glasvesel dié gevaarlikste snykante het wat kan voorkom.”

Hardus Botha

Fratsongeluk eis byna 2 lewens

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant