Eluxolweni Biblioteekpret

Eluxolweni Biblioteekpret

Gansbaai Courant

Jeanette Xanini, Eluxolweni se Biblioteek Assistent, het ‘n gesellige “biblioteekpartytjie” vir kinderlede, wat gereeld besoekers aan die biblioteek is, gereël. “Ek sê sommer dadelik baie dankie vir hulle gereelde besoeke aan die biblioteek,” het sy gesê. Die ouer kinders, ook gereelde besoekers aan die biblioteek, het vir ‘n pragtige opvoering van Jesus se geboorte gesorg, wat terdeë deur die gaste geniet is. Wat sou so ‘n gesellige partytjie sonder Kersvader wees? Jack Peppers het gesorg dat die kinders nie teleurgestel word nie en het “onverwags” as Kersvader opgedaag, wat natuurlik ‘n baie groot verrassing vir almal was.  

Jeanette rig ook graag die volgende bedankings (alfabeties) aan borge en ondersteuners, waarsonder die geselligheid nie so ‘n groot sukses sou wees nie: Flip en Sandra (Pearly Beach Minimark); Jan en Nelia Koekemoer (Pearly Beach Strandoord); Michael Fuchs (Klein Paradys); Rdl Dudley Coetzee (DA). Hierdie Sateliet-biblioteek is verlede jaar in Eluxolweni deur die Wes-Kaapse Minister van Kulturele Sake en Sport, min Anroux Marais, en die Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, Raadsdame Nicolette Botha-Guthrie, geopen. Raadsdame Botha-Guthrie het toe gesê dat die Overstrand Munisipale Raad sowat 3 jaar vantevore, kort nadat die biblioteek in die nabygeleë Buffeljachts woongebied oopgestel is, ‘n besoek aan die Eluxolweni woongebied gebring het.

Die sowat 1,500 inwoners van Eluxolweni het hul behoefte aan ‘n openbare biblioteek onder haar aandag gebring en sy het haarself tot die bevrediging van die behoefte verbind. Alles is toe in die stryd gewerp om ‘n biblioteekdiens aan hierdie gediversifiseerde woongebied, waar ongeveer 70% Xhosa sprekende persone en 30% Afrikaans sprekende persone woonagtig is, te voorsien.

Hardus Botha

Eluxolweni Biblioteekpret

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant