Gansbaai se nuwe Fisioterapeut

Gansbaai se nuwe Fisioterapeut

Gansbaai Courant

Esti Claassen (30), ‘n gekwalifiseerde fisioterapeut, het besluit om skouer aan die wiel te sit en haar fisioterapie-praktyk, Esti Claassen Fisioterapie, in Gansbaai se wiele aan die rol te sit.

Einde van 2011 het sy haar studies aan die Universiteit van Pretoria voltooi, waarna sy gedurende 2012 haar verpligte praktiese jaar moes deurloop. Dit was haar sogenaamde “gemeenskapsjaar” en sy het haar prakties by Eerste Rust Kliniek in Pretoria deurloop. Gedurende 2013 was Esti by die Wilgers Hospitaal in Pretoria-Oos werksaam, waarna ‘n droom van haar bewaarheid is - om met gestremde kinders te kon werk. Sy is in ‘n pos by Pretoria Skool vir Gestremde Kinders aangestel waar sy werksaam was totdat sy en haar eggenoot, Cobus Claassen (30) en hulle 1-jaar oue seuntjie, Franko gedurende die tweede helfte van 2015 vanaf Centurion na Gansbaai verhuis het. Cobus het verlede jaar as apteker van die Arrie Nel Apteekgroep die leisels in Gansbaai Apteek oorgeneem. Nou het Esti met haar fisioterapie-praktyk in Gansbaai Apteek begin, waar sy enige vorme van fisioterapie aanbied. Sy het reeds begin, maar tans geskied besoeke aan haar op ‘n kontantbasis, wat dan by mediesefondse ingedien kan word. “Ek is reeds by die Raad geregistreer, maar die Raad moet nog net my praktyk by mediesefondse registreer alvorens ek self kan eis,” sê Esti. “Sodra die registrasie dus gedoen is, sal my praktyk by alle mediesefondse ingeskakel wees, wat sake vir my pasiënte heelwat sal vergemaklik.”

Haar voorliefde is sonder twyfel in kinders, vir wie sy baie lief is, gesetel en sy sê sy sal graag in die toekoms daarin wil spesialiseer, veral met gestremde kinders. Sy wil ook graag by die dorp en die gemeenskap betrokke raak, veral ook by skole ten opsigte van sport. “Verder wil ek ook graag ‘n diens aan bejaardes in die sin van groepsklasse of -behandelings by die Tehuis vir Bejaardes lewer, asook tuisbesoeke doen,” vertel sy.  

“Ek hou van langtermyn behandelings soos rehabilitasie van pasiënte wat beroertes gehad het of selfs amputasies en verlamming as gevolg van ernstige beserings.” Dan help Esti ook graag in gevalle van longkwale soos bronchitis, longontsteking en dies meer. “My droom vir my praktyk in Gansbaai is om deel van die gemeenskap te word en deur middel van ‘n gawe wat God aan my toevertrou het, mense te help wat seer het.” Vir verdere inligting en/of afsprake kan Esti Claassen by 060-732-9010 geskakel word, óf stuur ‘n e-pos aan haar by esticlaassenphysio@gmail.com.

Hardus Botha

Gansbaai se nuwe Fisioterapeut

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant