Anje van Strandskloofpark se Waterprojek

Anje van Strandskloofpark se Waterprojek

Gansbaai Courant

 “Enkele weke gelede het ek oral op Facebook gesien dat daar in vele dorpe waterprojekte aan die gang is om die droogte geteisterde gebiede te help,” vertel Anje Badenhorst van Strandskloof Karavaanpark.

“Soné Boshoff, voorheen ook ‘n Gansbaaier, is by Worcester se Roundtable betrokke en ek het gesien hoe druk besig hulle was om water bymekaar te maak.” Anje weet dat Gansbaaiers saamstaan in nood en het vir Soné gekontak om te hoor hoe hulle vervoerstelsels werk indien sy ‘n waterprojek in Gansbaai loods om hulle projek te ondersteun. “Reëlings is met Pieter Human van Boland Boards, wie se vragmotors aflewerings op verskeie dorpe doen, om ons water gratis na Worcester te vervoer, vanwaar dit weer na Aliwal-Noord vervoer word om in areas met die grootste nood te versprei,” sê Anje.

Sy het die wiele aan die rol gesit en onder andere vir Gansbaai Superspar gekontak en gevra of sy ‘n kruidenierswaentjie daar kan plaas vir mense wat water wil skenk en ook vir ‘n paar ander afsetpunte gereël. “Ons het 'n week gehad om die water bymekaar te maak voordat die vragmotor dit op Vrydag, 15 Janurie sou optel,” sê Anje. “Gedurende daardie week het ons bykans ‘n 1,000 liter water bymekaar gemaak.” Sy het baie leë bottels en groot 25ltr kanne gekry wat hulle by Strandskloof Karavaanpark ook kon volmaak, wat ‘n verdere 500 ltr water beteken het. Die water moes tydelik by Gansbaai se Brandweerstasie gestoor word.

Gedurende die wagtyd is ‘n groot skenking van 200 x 5 ltr kanne met water van I&J ontvang, wat Gansbaai Superspar teen ‘n baie lae prys beskikbaar gestel het, terwyl Millenium Mobile dit tot by die brandweerstasie vervoer het. Later die week was Grootbos Foundation ook met Gansbaai Superspar in verbinding en is ‘n verdere 135 x 5 liter water deur hulle geskenk. Op Vrydag, 22 Januarie is al die water by die brandweerstasie deur Boland Boards opgelaai en na Worcester vervoer. Met die water wat van oral oor bygekom het, het Anje later telling verloor, maar dit was sowat 3,200 liter wat deur Gansbaai se gemeenskap weggestuur is. “Ek wil almal wat bydraes vir hierdie waterprojek gemaak het, verskriklik baie dankie sê,” sê Anje.

Hardus Botha

Anje van Strandskloofpark se Waterprojek

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant