Lekker & Gesond Gesonde kosblikke

Lekker & Gesond Gesonde kosblikke

Gansbaai Courant

Martie Hofmeyr & Janet Wiegand
Prys: R49.99
ISBN: 978-0-7993-7419-3

Ons is ál meer tyd weg van die huis af weens ons gejaagde lewenstyl. Die gevolg is ongesonde eetpatrone.

Kitskos en energiedrankies word wyd en syd bemark as die antwoord op dié tameletjie. Helaas, dit dra juis by tot die ontwikkeling van leefstylsiektes weens die hoë inhoud van verfynde koolhidrate (suiker), sout en verwerkte vette, asook kunsmatige kleur-, geur- en preserveermiddels.

Gebalanseerde kosblikkos propvol kleur, geur, voedingswaarde, vesel en stadig vrystellende koolhidrate (lae GI) verskaf volhoubare energie – noodsaaklik vir konsentrasie by die werk, skool en sportveld of gim. Dié boek is propvol kosblikidees vir elke geleentheid – van skool en werk tot daardie luilekker uitstappie of piekniek – met ’n paar alternatiewe vir voedselallergieë of ‑onverdraagsaamhede.  

’n Gebalanseerde kosblik bestaan uit die volgende: Nodige, gesonde vette (mono-onversadig soos olyf, kanola, makadamia, sesam en avokado)

Hidrerende laekoolhidraat-vloeistowwe (water, ystee en verdunde vrugtesap)

Vars groente en vrugte (’n verskeidenheid, verkieslik in seisoen)

Onverfynde koolhidrate (bruinrys, hawermout, rog, styselgroente soos mielies, patats en jong aartappels met die skil)

Proteïen (neute, sade, droëbone en -peule, soja, eier, melkprodukte, vis en laevet-vleisprodukte)

Lekker & Gesond Gesonde kosblikke

Lapa

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant