Rolbalnuus (4 Feb 2016)

Rolbalnuus (4 Feb 2016)

Gansbaai Courant

Saterdag, 30 Januarie 2016 het aangebreek met wat gelyk het na nog ‘n warm dag. Gelukkig het ligte wolke en ‘n koel seebries eintlik gesorg vir aangename omstandighede om rolbal te speel en die buitelug te geniet.

Voeg hierby die deelname van agt spanne van onder andere L’Agulhas, Rivier-sonderend, Hermanus en Kleinmond saam met ses van Franskraal en jy het ‘n resep vir wedywering in ‘n goeie gees tussen ou rolbalvriende en etlike nuwe deelnemers.

Boonop het die bekende gasvryheid van Franskraal se lede en smaaklike middagete en verversings wat voorgesit is, gesorg vir die regte atmosfeer om die dag te geniet.

Borgskappe van sake-ondernemings speel ongetwyfeld ‘n groot rol om sport aan die gang te hou en Franskraal Rolbal is dankbaar vir die bydrae wat Boland Makelaars gemaak het om die dag moontlik te maak – ook vir die teenwoordigheid van sy verteenwoordigers by die begin van die toernooi.

Die wenners was Sakkie van Zyl, Kim Breach en Michael Vermeulen.  In die tweede plek was Betsie Schrëuder, Vic Breach en Roelof Eksteen gevolg deur Gideon Pienaar, Jaco Swart en Kay Puttick in die derde plek. 

Al drie hierdie spanne is van Franskraal Rolbalklub.

Die Enkelspel Klub-kampioenskappe is ook onlangs afgehandel. Die kampioene is Marius de Wit en Kim Breach.  Baie geluk aan die twee spelers.

Wil jy ook deel word van die rolbalfamilie, skakel my by 028-384 1822 of Henk van der Walt by 028-384 0117.

Pieter Conradie 

Rolbalnuus (4 Feb 2016)

Pieter Conradie

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant